‘Ma­gic mushrooms’ bring dalk hoop vir de­pres­sie­ly­ers

Beeld - - Nuus - El­sa­bé B­rits

Die ak­tie­we be­stand­deel in ma­gic mushrooms help dalk om de­pres­sie te ver­lig.

In ’n kli­nie­se s­tu­die waar­aan net 12 men­se deel­ge­neem het, het na­vor­sers aan die Im­pe­ri­al Col­le­ge Lon­don be­wys dat die be­stand­deel psi­lo­cy­bin de­pres- sie­ly­ers kan help wat nie op an­der mid­dels re­a­geer nie.

Die na­vor­sers maan dat ver­de­re na­vor­sing no­dig is.

De­pres­sie wat weer­stand teen be­han­de­ling bied, be­staan en mid­dels moet daar­voor ge­vind word. So­wat 20% van al­le men­se re­a­geer nie op die be­staan­de mid­dels nie.

Dr. Ro­bin Car­hart-Har­ris, lei­er van die na­vor­sings­groep, sê die re­sul­ta­te is be­lo­wend, selfs ná drie maan­de van be- han­de­ling.

Die pa­si­ën­te het die mid­del in kap­su­les ge­kry ter­wyl dok­ters teen­woor­dig was. Hul­le het die hal­lu­si­no-ge­nie­se ef­fek van die mid­del tus­sen 30 en 60 mi­nu­te la­ter er­vaar en die kruin is twee tot drie uur la­ter be­reik. Hul­le is ná ses uur ont­slaan.

Agt van die 12 het bin­ne ’n week ver­lig­ting er­vaar. Al die pa­si­ën­te het ge­weet wat hul­le ont­vang en geen pla­se­bo is ge­bruik nie. Die re­sul­ta­te is gis­ter in die vak­tyd­skrif The Lan­cet ge­pu­bli­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.