Ma­le­ma veg­lus­tig ná uit­set­ting uit NV

Beeld - - Nuus - Jan Ger­ber

“Zu­ma sal nooit vre­de vind in dié par­le­ment nie!

“Dié uit­smy­ters moet weet: As hul­le ge­weld pleeg, ant­woord ons met ge­weld,” het Ju­li­us Ma­le­ma, EFF-lei­er, gis­ter op die trap­pe van die Marks­ge­bou ge­sê mi­nu­te na­dat hy en sy me­de-LP’s by die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring (NV) uit­ge­gooi is.

’n Groep EFF-on­der­steu­ners het voor die Marks­ge­bou ge­staan en sing. Toe die EFF by Poort­huis, een van die in­gan­ge na die NV, uit­peul met die Wit­hem­de ag­ter hul­le, het hul­le on­der meer ’n vul­lis­mand­jie na die Poort­huis se deur ge­gooi en aan die deur ge­slaan ter­wyl die Wit­hem­de die glas­deur toe­ge­maak het.

Die glas was ná dié pe­tal­je ge­kraak.

“Wat van­dag in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring ge­beur het, is ’n voort­set­ting van ons pro­tes oor wat in die par­le­ment aan die gang is,” het Ma­le­ma ge­sê.

“[Dit is] waar ’n in­di­vi­du bo die Grond­wet ge­stel word. Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het erns­ti­ge be­vin­dings teen die pre­si­dent ge­maak. En die par­le­ment het nie op­ge­tree teen die pre­si­dent nie, selfs al het ons aan die par­le­ment ge­skryf.

“Nie­mand word ver­ant­woord­baar ge­hou nie,” het Ma­le­ma ge­sê.

“Dié par­le­ment gaan aan met sa­ke soos ge­woon­lik as­of niks ge­beur het nie. Ons het geen mag, soos die staat mag het, om ter­reur op ons los te laat nie. Ons het net ons le- wens en daar­om sal ons ons le­wens op die spel plaas ter ver­de­di­ging van die Grond­wet. Zu­ma sal nooit vre­de in dié par­le­ment vind nie.”

“Ja-a-a-a!” het EFF-on­der­steu­ners uit­ge­roep.

“Zu­ma is nie ’n reg­ma­ti­ge pre­si­dent van die Re­pu­bliek van Suid-A­fri­ka nie,” het Ma­le­ma ge­sê.

“Ons is nie bang nie. Ons gaan veg met al­les wat ons het. Ons ba­klei bin­ne met bot­tel­tjies wa­ter, dit was die e­nig­ste ding wat ons ge­had het. Ons sal veg met e­ni­ge wa­pen waar­op ons ons han­de kry. Ons is nie bang om Zu­ma en die par­le­ment uit te daag nie.

“Laat dié par­le­ment ons skors. Laat dié par­le­ment ons ver­wy­der om­dat ons vir die waar­heid op­staan. Ons is nie bang om uit dié par­le­ment ge­skors te word nie,” het hy by­ge­voeg.

Ter­wyl Ma­le­ma ge­praat het, het ’n groep on­lus­po­li­sie­le­de met lyf­pant­sers en skil­de hul­le ’n ent­jie ver­der weg staan­ge­maak.

’n Glas­deur by Poort­huis, een van die in­gan­ge na die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring in Kaap­stad, na­dat ’n EFF­lid dit ge­breek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.