3 wat hoë pos­te kwyt is, wil kor­rup­sie saam pak

Beeld - - Nuus - Clau­di Mai­lo­vich

Drie hoog­ge­plaas­te staats­amp­te­na­re wat hul pos­te on­der ’n wolk van om­stre­den­heid kwyt is, wil nou saam­span om kor­rup­sie te pak.

Ro­bert M­cB­ri­de, ge­skors­te hoof van die po­li­sie­wag­hond O­pod, I­van Pil­lay, oud-ad­junk­kom­mis­sa­ris van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) en An­wa Dra­mat, oud­hoof van die Val­ke, het hul­le gis­ter vir die eer­ste keer saam in ’n ver­kla­ring teen kor­rup­sie uit­ge­spreek.

“Kor­rup­sie is die groot­ste be­drei­ging vir ons grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie,” lui die ver­kla­ring.

Die drie voer aan daar is “merk­waar­di­ge oor­een­koms­te” in die ma­nier waar­op amp­te­na- re in die SAID, O­pod en die Val­ke die laas­te ja­re ver­wy­der is.

“Vol­gens ons is die aan­val­le op in­di­vi­due in hier­die in­stel­lings daar­op ge­mik om die stryd teen kor­rup­sie te on­der­myn. ’n S­leu­tel­deel van ons man­da­te was om kor­rup­sie­sa­ke te on­der­soek.”

Hul­le ont­hul dat hul­le die laas­te paar we­ke oor­een­koms­te ge­vind het in die sa­ke wat hul­le on­der­soek het. “’n Ge­meen­skap­li­ke draad is dat die be­trok­ke in­di­vi­due of en­ti­tei­te wat on­der­soek is al­mal twy­fel­ag­ti­ge ver­hou­dings met amp­te­na­re in staats­kan­to­re het.”

Hul­le sê tal­le van die on­der­soe­ke was na kon­trak­te wat deur in­vloed­ry­ke staats­amp­te­na­re toe­ge­ken is.

Hul­le sê die pro­ses om hul­le en an­der se­ni­or amp­te­na­re uit hul pos­te te ver­wy­der, volg boon­op ’n spe­si­fie­ke pa­troon.

Eer­stens lek be­we­rings aan joer­na­lis­te uit. Dan word die be­we­rings on­der­soek. En dan lek die be­vin­dings weer uit.

Te mid­de van die on­der­soek word die amp­te­naar ge­skors. Wan­neer die on­der­soek nie klink­kla­re be­wy­se op­le­wer nie, word daar met die ge­skors­te amp­te­naar ge­skik. Daar­na volg straf­reg­te­li­ke klag­te.

Hul­le is be­sorg dat die­self­de nou met Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, ge­beur in die stryd tus­sen hom en die Val­ke.

Sun­day Ti­mes het die na­week be­rig Gord­han kan ge­ar­res­teer word as deel van die Val­ke se on­der­soek na die SAID se om­stre­de “ro­gue u­nit”.

“Ons sal aan­hou om ons er­va­ring en kun­dig­heid te ge­bruik om kor­rup­te be­dry­wig­he­de in die staat- en pri­va­te sek­tor te on­der­soek, te be­veg en te ont­bloot,” lui die drie se ver­kla­ring.

Hul­le gaan hul­le steeds tot die ho­we wend in hul sa­ke teen die staat.

Hul ver­kla­ring is uit­ge­reik op die dag dat M­cB­ri­de in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof aan­soek ge­doen het om die hoog­ge­regs­hof se be­sluit te laat her­be­ves­tig dat sy skor­sing on­grond­wet­lik was.

Fo­to: CORNÉL VAN HEER­DEN

Ro­bert M­cB­ri­de, ge­skors­te hoof van die po­li­sie­wag­hond O­pod, gis­ter in die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.