’n ver­dag­te

T­ree­by kry nu­we regs­ver­teen­woor­di­ger

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Op grond van die ge­tui­e­nis wat tot nou ge­le­wer is, sou die staat Da­mi­an T­ree­by as ’n ver­dag­te in die moord op A­ni­ka S­mit kon be­skou.

So het adv. Ta­nia Car­stens, aan­kla­er, gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria-Noord aan­ge­voer toe Su­net­he Pot­gie­ter haar as T­ree­by se regs­ver­teen­woor­di­ger ont­trek het.

A­ni­ka was op 10 Maart 2010 tuis na­dat ’n dok­ter haar af­ge­boek het. Haar pa het la­ter haar naak­te lyk in haar slaap­ka­mer ge­vind. Sy is sek­su­eel aan­ge­rand, het steek­won­de ge­had en haar han­de was af­ge­kap. Die han­de is nooit op­ge­spoor nie.

T­ree­by (nou 24) is een van ver­skeie wat in die ge­reg­te­li­ke on­der­soek na A­ni­ka se gru­dood moes ge­tuig. Die on­der­soek word ge­doen om te be­paal of daar ge­noeg ge­tui­e­nis is om ie­mand vir die moord ver­ant­woor­de­lik te hou.

T­ree­by was des­tyds saam met A­ni­ka (17) aan die Ho­ër­skool Ger­rit Ma­ritz in P­re­to­ria-Noord. Hul­le was nie in die­self­de graad nie, maar het me­kaar ge­ken.

Op die dag van die moord was hy nie by die skool nie en het krap­mer­ke aan die nek ge­had.

Pot­gie­ter het aan land­dros Pier­re Wessels ge­sê sy het T­ree­by aan­ge­raai om weer ’n regs­ver­teen­woor­di­ger te kry, “want dit blyk dat hy ’n be­lang­heb­ben­de in die saak is”.

Car­stens het by­ge­voeg dat T­ree­by aan­vank­lik ge­roep is as ’n ge­tuie om in­lig­ting te verskaf.

Hy is eg­ter ge­waar­sku dat hy hom­self kan im­pli­seer in ’n an­der mis­dryf as die A­ni­ka-saak, ver­al toe hy oor sy be­trok­ken­heid by die ok­kul­te ge­tuig het.

Maar toe kom dit aan die lig dat T­ree­by kort ná die moord met krap­mer­ke aan die nek ge­sien is en dat hy die moor­dog­gend by die skool was, maar nie ’n a­li­bi vir die res van die dag het nie.

’n Ad­vo­kaat het gis­ter aan­ge­dui dat hy T­ree­by se regs­ver­teen­woor­di­ging sal oor­neem, maar dat hy eers van van­dag af be­skik­baar sal wees.

Die on­der­soek is toe uit­ge­stel.

A­ni­ka S­mit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.