Po­li­sie­lid, nog 3 wat glo saam­sweer tot moord kry borg

Beeld - - Nuus - – Su­san Cil­liers

Borg­tog van R1 000 elk is in die land­dros­hof hier toe­ge­staan aan vier mans, on­der wie ’n po­li­sie­man, wat glo saam­ge­sweer het om die on­der­soek­be­amp­te in ’n huis­roof­saak te ver­moor.

Konst. Pu­le Ma­boke (36) en sy drie me­de­be­skul­dig­des bly in aan­hou­ding om­dat hul­le na ver­wag­ting eers mô­re hoor of hul borg­to­gaan­soek in die huis­roof­saak ook ge­slaag het.

Ma­boke, Da­vid M­ba­ta, Pau­lo Mo­fe­re­fe­re, S­te­ven Le­be­pe en ene Lu­cas word daar­van ver­dink dat hul­le vroeg in A­pril be­trok­ke was by ’n huis­roof­tog in die Ik­ageng-towns­hip. Die huis­ei­e­naar is in die bo­lyf ge­wond. R225 000 is ge­steel, het kapt. Hanlie B­lig­naut, on­der­soek­be­amp­te, vroe­ër ge­tuig.

Al­mal be­hal­we Ma­boke is ná die roof­tog op aan­klag­te van roof en po­ging tot moord ge­ar­res­teer.

Ma­boke het van hul­le na be­we­ring daar­na in die po­li­sie­sel­le be­soek en hul­le het glo ge­kon­kel om B­lig­naut se voor­gan­ger en Lu­cas te laat ver­moor. Lu­cas is glo daar­van ver­dink dat hy die po­li­sie in­ge­lig het oor Ma­boke se be­weer­de be­trok­ken­heid by die roof­tog en an­der sa­ke.

Ma­boke is in­tus­sen by­ge­voeg as ’n ver­dag­te in die huis­roof­saak.

Die ver­meen­de sa­me­sweer­ders het glo ook be­plan om be- wy­se in die huis­roof­saak te ver­nie­tig. Hul­le word ge­volg­lik ook van dwars­bo­ming van die ge­reg aan­ge­kla.

Vol­gens lt.kol. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes, word Ma­boke en sy me­de­be­skul­dig­des ver­bind met tot 20 sa­ke van in­braak, dief­stal en roof in Pot­chef­stroom, K­lerks­dorp en Vil­joens­kroon.

Die eer­ste on­der­soek­be­amp­te in die huis­roof­saak is in­tus­sen van die saak ver­wy­der. Dit is stan­daard­prak­tyk wan­neer ie­mand se le­we be­dreig word, het B­lig­naut ver­le­de week ge­tuig. Sy is nou die on­der­soek­be­amp­te in al­bei sa­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.