Boer waag le­we om man te red

Beeld - - Nuus - Kay­de­ne Da­vids ’n Vry­staat­se boer is ’n held na­dat hy ’n wer­ker van E­s­kom uit ’n bran­den­de Toyoya Hi­lux­bak­kie bui­te V­re­de­fort ge­red het. Op die fo­to is die voer­tuig en­ke­le mi­nu­te na­dat S­tof­fel Bos­hoff Le­nyo­ra uit die bak­kie ge­red het en na vei­lig­heid ge­sl

En­ke­le mi­nu­te na­dat ’n boer van die V­re­de­fort-dis­trik sy le­we ge­waag het om ’n be­wus­te­lo­se man uit ’n bran­den­de bak­kie te red, het die pe­trol­tenk ont­plof en is die bak­kie deur vlam­me ver­swelg.

S­tof­fel Bos­hoff (29) het so­wat 900 m ver ge­hard­loop en er­ge vlam­me en hit­te trot­seer om Te­fo Le­nyo­ra, wat vir E­s­kom in Bloem­fon­tein werk, los te sny en uit die bak­kie te trek.

Die bak­kie het bin­ne tien mi­nu­te ná die ont­plof­fing uit­ge­brand.

Le­nyo­ra is in ’n kri­tie­ke, maar sta­bie­le toe­stand in die brand­een­heid in die Mil­l­park­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg op­ge­neem. Hy is aan ’n a­sem­ha­ling­toe­stel ge­kop­pel.

Bos­hoff het brand­won­de aan sy arms en vin­gers.

Hy was Woens­dag in ’n vrag­mo­tor op pad na die plaas O­lien­kop in die dis­trik toe hy om­streeks 10:45 rook oor die pad sien trek.

Hy het eers ge­dink daar is ’n veld­brand, maar het gou ag­ter­ge­kom dit is ’n dub­bel­ka­juit Toyo­ta Hi­lux wat aan die brand is.

Bos­hoff het stil­ge­hou, hom na die bran­den­de bak­kie ge­haas en Le­nyo­ra be­wus­te­loos ag­ter die stuur­wiel aan­ge­tref.

“Ek het ge­weet ek het bit­ter min tyd en moes gou speel om hom uit die bak­kie te kry voor­dat dit deur vlam­me ver­swelg word. Ek het sy vei­lig­heids­gor­del met my knip­mes los­ge­sny en hom uit­ge­sleep.”

Nood­diens­per­so­neel is ont­bied.

Bos­hoff sê hy het bloot op sy mens­wees en in­stink­te ge­re­a­geer.

“Ek het nie hel­der ge­dink nie, maar ek is ver­skrik­lik bly ek was op die reg­te plek op die reg­te tyd.”

S­tof­fel Bos­hoff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.