Slag­of­fer se seun ge­tuig

‘My ma kan nie al­leen tuis wees nie’

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis Lou­is van Wyk

’n Jong hoe­we­be­wo­ner van B­rits wat ’n in­drin­ger in sy ou­er­huis ge­skiet en sy ge­won­de pa se bloe­ding daar­na pro­beer stop het, het gis­ter ge­tuig hoe erg die aan­val hul ge­sin se le­we om­ge­krap het.

Lou­is van Wyk (27), ’n pro­duk­sie­voor­man van Ma­ga­lies Citrus, het Mat­ho­si Sit­ho­le die aand van 24 Mei 2014 op hul hoe­we in Ka­ree­poort ge­skiet. Sit­ho­le se lyk is bui­te die huis ge­kry.

Van Wyk se pa, Lou­is (55), ’n am­bags­man by Ma­ga­lies Citrus, is op 7 Ju­lie in die hos­pi­taal dood aan won­de wat hy in die aan­val op­ge­doen het. Die staat sê hy is in die kop en die buik ge­skiet.

K­no­w­led­ge T­ha­bo Mand­la­zi en John Mo­ses K­ho­za Ti­va­ne word nou in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria van moord op Sit­ho­le, Van Wyk sr. en nog drie men­se op hoe­wes by B­rits aan- ge­kla.

Die aan­val­le was van 29 Maart tot 20 Ju­nie 2014.

Adv. Ka­ren van Rens­burg, aan­kla­er, het Van Wyk gis­ter ge­vra wat­ter uit­wer­king die aan­val op hul ge­sin ge­had het.

Hy het ge­ant­woord: “Ons het ’n pa ver­loor. My ma het ’n man ver­loor. Ek moet op­staan in my pa se plek en al­les doen wat hy moes doen. Dit het ’n groot im­pak op ons le­we ge­had. My ma is baie bang. Sy kan nie al­leen tuis wees nie.”

Van Wyk het ge­sê hul­le kan nie ná don­ker bui­te die huis wees nie.

“Ons sluit ons­self op tot die vol­gen­de og­gend.”

Hy het ge­tuig hul hon­de het dié aand om­streeks 18:15 ge­blaf. Twee sko­te het voor die huis ge­klap.

Hy het na die sit­ka­mer ge­hard­loop waar sy ma, Het­ta, broer, Ja­c­ques, en sus­ter, Ma­ri­ke, was.

Sy pa was reeds bui­te om­dat die hon­de ge­blaf het.

Hy het sy broer aan­ge­sê om die .38 S­pe­ci­al-re­wol­wer in hul pa se kluis te gaan haal en hy het die ge­sins­le­de aan­ge­sê om in die huis weg te kruip. Sy broer het die re­wol­wer ge­bring.

Van Wyk het ge­tuig ’n man met blou hand­skoe­ne aan en ’n pis­tool in die hand het die huis bin­ne­ge­kom. Die man het die pis­tool met al­bei han­de op hom (Van Wyk) ge­rig.

“Ek het drie sko­te in sy bors se rig­ting ge­skiet. Hy het da­de­lik om­ge­draai en uit die huis ge­hard­loop.”

Van Wyk het ge­sê hy het ge­kruip tot by die voor­deur en dié man bui­te op die grond sien lê met sy ge­sig na on­der.

Aan die reg­ter­kant van die huis het sy pa ge­skree. “Ek het ge­sê hy moet in­kom. Sy ge­sig was be­seer en vol bloed.”

Van Wyk het ge­sê hy het die voor­deur ge­sluit en sy pa na die bad­ka­mer ge­neem. Hy het die bloe­ding aan sy pa se ge­sig pro­beer stop. Sy ma het die po­li­sie en am­bu­lans ge­bel.

Van Rens­burg het in die hof ge­sê die staat gaan Van Wyk nie aan­kla van Sit­ho­le se dood nie, op voor­waar­de dat hy die vol­le waar­heid aan die hof oor die voor­val ver­tel. Die ver­hoor her­vat van­dag. Die oor­le­de­nes in die an­der aan­val­le was Le­an­der Derck­sen, Da­nie Derck­sen en Jos­hua Jo­han­nes Ja­co­bus Jou­bert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.