Pas­toor ver­moor: S­koon­seun ont­hou glo nie wat ge­beur

Beeld - - Nuus - Ni­co Gous

Die s­koon­seun van ’n pas­toor van P­re­to­ria wat 31 keer ge­steek en vier keer diep ge­sny is, voer aan hy kan nie ont­hou wat op die dag van die moord ge­beur het nie.

S­te­fan Vis­ser (29) het past. El­sa­be van Nie­kerk (55) na be­we­ring op 11 A­pril ver­moor.

Daar­die dag was hy lus vir ’n bier en het saam met ’n ken­nis gaan drink by die duik­klop­pe­ry Van Nie­kerk se broer, sê hy.

Hy het op ’n brom­po­nie ge­ry en ’n klap­mus en hand­skoe­ne teen die koue aan­ge­had en ’n vuis­ys­ter vir self­ver­de­di­ging by hom ge­had.

Hy het nie ver­moed dat Van Nie­kerk daar sou op­daag nie.

Vol­gens Vis­ser het hy om ver­sko­ning ge­vra vir wat op 9 A­pril by ’n rug­by­wed­stryd ge­beur het waar sy skoon­pa, Dirk, hom glo be­le­dig het.

Hy en sy vrou, Le­an­dri, was be­sig om te skei toe Van Nie­kerk ver­moor is, sê hy in die be­ë­dig­de ver­kla­ring wat hy gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to- ria in­ge­dien het.

Hul­le en hul twee kin­ders het tot Sep­tem­ber ver­le­de jaar ge- woon by sy skoon­ou­ers, wat vol­gens Vis­ser in hul hu­we­lik in­ge­meng het.

El­sa­be van Nie­kerk het hom toe glo ge­kon­fron­teer oor sy hu­we­lik wat op die rot­se is.

Sy het glo op hom ge­skree en op sy bors ge­slaan toe hy sê die hu­we­lik kan nie ge­red word nie.

“Te­ken jy dan jou kin­ders af?” het Van Nie­kerk ge­vra.

Vis­ser sê hy weet nie wat daar­na ge­beur het nie. Hy is la­ter die dag in heg­te­nis ge­neem by die ou­ma van sy s­wan­ger vrien­din, C­han­tel­le Mul­der, met wie hy se­dert De­sem­ber 2015 ’n ver­hou­ding het.

Sy kle­re­drag is uit­ge­ken op fo- to’s wat die buur­man van die duik­klop­pe­ry ge­neem het toe hy gil­le daar ge­hoor het.

Kapt. Da­niel de Ja­ger van die po­li­sie het ge­tuig Van Nie­kerk is met voor­be­dag­te ra­de ver­moor.

Vis­ser het eers ge­sê vier swart mans in ’n rooi Volks­wa­gen Golf het die moord ge­pleeg. La­ter het hy eg­ter ’n skuld­be­ken­te­nis ge­doen.

Ná die moord het Vis­ser die klap­mus, ’n hand­skoen en sy kle­re ver­brand en hom ge­was, het De Ja­ger ge­tuig.

Vol­gens P­hi­lip van S­ta­den, Vis­ser se regs­ver­teen­woor­di­ger, het hy voor die skuld­be­ken­te­nis ’n SMS aan die on­der­soek­be­amp­te ge­stuur waar­in hy sê Vis­ser gaan sy swy­g­reg ge­bruik.

Vol­gens De Ja­ger het Van Nie­kerk glo aan ’n vrien­din ge­sê Vis­ser het ge­dreig om die fa­mi­lie, sy ver­vreem­de vrou, kin­ders en hom­self dood te maak en moet daar­om nie borg­tog kry nie.

Die borg­to­gaan­soek is tot 2 Ju­nie uit­ge­stel. Vis­ser bly in aan­hou­ding.

Fo­to: THEANA BREUGEM

S­te­fan Vis­ser vroe­ër in die land­dros­hof in P­re­to­ria. Hy word aan­ge­kla van die moord op past. El­sa­be van Nie­kerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.