Po­li­sie wond twee ná ge­wa­pen­de roof­tog in Rus­ten­burg; ses in ar­res

Beeld - - Nuus - – Re­tha Fou­rie

Twee mans wat glo met ver­skeie mis­da­de ver­bind word, is gis­ter ge­wond en nog vier lig be­seer toe hul­le ná ’n roof­tog in Rus­ten­burg en ’n jaag­tog daar­na in B­rits aan­ge­keer is.

Ao. M­pei­le Ta­la­ne, ’n po­li­sie­woord­voer­der in B­rits, sê ’n ses­man­ben­de, van wie drie hand­wa­pens ge­had het, het ’n mans­kle­re­win­kel in Rus­ten­burg gis­ter­og­gend be­roof. Hul­le het in ’n wit Toyo­ta Qu­an­tum in die rig­ting van B­rits weg­ge­jaag.

Die K9-een­heid van die po­li­sie het die voer­tuig ag­ter­na­ge­sit en die po­li­sie in B­rits ge­waar­sku om ge­reed te wees.

Po­li­sie­be­amp­tes het die ben­de by die krui­sing van die R511 en die R566 na Ross­lyn voor­ge­lê en voor­ge­keer. Die in­sit­ten­des het uit­ge­spring en ge­vlug. Toe die po­li­sie hul­le ag­ter­na­sit, het hul­le be­gin skiet. Die po­li­sie het te­rug­ge­skiet en twee ge­wond. Al ses is la­ter aan­ge­keer.

Die twee ge­won­de ver­dag­tes is on­der po­li­sie­be­wa­king in ’n hos­pi­taal. Die an­der vier is be­han­del en word aan­ge­hou tot hul hof­ver­sky­ning la­ter die week op aan­klag van die be­sit van on­ge­li­sen­si­eer­de vuur­wa­pens, po­ging tot moord en roof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.