Net so nood­saak­lik as ge­vaar­lik

Per­so­neel­ge­hal­te mag nie kwyn S­tu­den­te­ge­tal­le on­re­a­lis­ties hoog

Beeld - - Nuus -

As die aan­sien van Suid­A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te weens trans­for­ma­sie ver­der ska­de ly, sal dit el­len­de vir al­mal be­te­ken, skryf F­lip S­mit.

Die woord “trans­for­ma­sie” is in 1987 vir die eer­ste keer in die ho­ër on­der­wys ge­bruik. Met die be­gin van vre­des­on­der­han­de­ling e ná 1990 het dié woord soos’ n veld­brand ver­sprei.

Trans­for­ma­sie be­te­ken dat die de­mo­gra­fie van die land: 80% swart, 9% bruin, 9% wit en 2% In­di­ër op al­le ter­rei­ne van die sa­me­le­wing – van le­sing­lo­ka­le tot die keu­se van die S­pring­bok­span – weer­spie­ël moet word.

Die woord het aan­vank­lik in ho­ër on­der­wys ge­lyk­heid, bil­lik­heid en ont­wik­ke­ling be­te­ken. Al­mal kan daar­mee saam­leef. Ná die stu­den­te­pro­tes­te het trans­for­ma­sie ’n ko­de­woord vir ras ge­word.

Die term “swart” word al hoe min­der ge­bruik. Die R­ho­des Must Fall-veld­tog het spe­si­fiek na A­fri­ka­ne as per­so­neel­le­de ver­wys en brui­ne n In­di­ër per­so­neel­le­de bui­te re­ke­ning ge­laat.

Dit gaan eg­ter veel ver­der. In 2012 het 496 A­fri­ka­ne uit A­fri­ka dok­tors­gra­de aan Suid-A­fri­kaan­se u­ni­ver­si­tei­te ver­werf teen­oor 325 swart Suid-A­fri­ka­ners. Die A­fri­ka­ne uit A­fri­ka tel eg­ter nie by som­mi­ge u­ni­ver­si­tei­te vir trans­for­ma­sie doel­ein­des nie!

Nie­mand kan die nood­saak­lik­heid van gro­ter bil­lik­heid, ge­lyk­stel­ling en ont­wik­ke­ling in ho­ër on­der­wys be­twis nie. Die vraag is hoe en teen wat­ter s­poed dit ge­ïm­ple­men­teer moet word.

Trans­for­ma­sie: ’n paai­be­leid

Die stu­den­te­pro­tes­te het u­ni­ver­si­tei­te on­kant be­trap. Vi­se­kan­se­liers en ver­al dr. Bla­de N­zi­man­de, mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys, het oor hul voe­te ge­val met be­lof­tes van trans­for­ma­sie in ’n des­pe­ra­te po­ging om ei­se en van­da­lis­me te stop. Soms het dit na to­ta­le ka­pi­tu­la­sie ge­lyk.

N­zi­man­de het selfs by her­ha­ling ge­sê dit is on­aan­vaar­baar dat 83% van pro­fes­so­re nog wit is. Af­ge­sien daar­van dat hy ’n ver­ou­der­de sy­fer van 2004 ge­bruik het, sê hy nie waar swart pro­fes­so­re met die no­di­ge kwa­li­fi­ka­sies en er­va­ring ge­werf moet word nie. Hy ver­swyg ook dat ge­dis­kri­mi­neer word teen A­fri­ka­ne uit A­fri­ka met dok­tors­gra­de wat plaas­lik ver­werf is.

N­zi­man­de sê ook nie waar die geld van­daan moet kom om die wit pro­fes­so­re en se­ker ook an­der wit per­so­neel­le­de uit diens te stel nie.

Die staat k on­nie eens die be­lof­tes van 0%- klas­geld ver­ho­ging ten vol­le na­kom nie. U­ni­ver­si­tei­te moet self R395 mil­joen op­dok. Dit, te­sa­me met in­kon­trak­te­ring van diens­wer­kers, ver­oor­saak dat som­mi­ge u­ni­ver­si­tei­te meer as R100 mil­joen uit trust­fond­se moet op­diep.

Hy sprak ook geen sprook dat oor­haas­ti­ge trans­for­ma­sie tot wan­be­stuur en kor­rup­sie by som­mi­ge u­ni­ver­si­tei­te ge­lei het en dat hul­le on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas moes word nie.

U­ni­ver­si­tei­te moet teen ein­de Ju­lie van­jaar ver­slae oor die vor­de­ring met trans­for­ma­sie voor­lê.

Die be­grip word be­vraag­te­ken

Nóg N­zi­man­de nóg vi­se­kan­se­liers spel dui­de­lik uit wat met trans­for­ma­sie be­doel word en hoe dit in­ge­stel gaan word. Selfs die Raad op Ho­ër On­der­wys be­skryf dit as ’n im­pre­ci­se con­cept.

B­rey­ten B­rey­ten­bach noem dit ’n hol­rug­ge­ry­de hol­le be­grip. Die Centre for Hig­her E­du­ca­ti­on Trust het in 2014 trans­for­ma­sie uit sy naam ver­wy­der.

Die re­de syn­de dat “. . . the term had be­co­me, in the Marx­i­an sen­se, so o­ver­la­den with ‘sur­plus’ po­li­ti­cs that it obscu­res rat­her than cla­ri­fies . . .”

Die wê­reld­be­ken­de prof. Ma­nu­el Cas­tells noem dit ’n woord wat Suid-A­fri­ka­ners ge­bruik wan­neer hul­le op­hou om te dink en so­si­a­le ge­sprek voer met ’n glas wyn in die hand.

Vier ter­rei­ne van trans­for­ma­sie

Werf meer swart stu­den­te. Mas­sa- ho­ër on­der­wys het ver­oor­saak dat die s­tu­den­te­ge­tal­le se­dert 1994 meer as ver­dub­bel het. In 1960 het wit stu­den­te 90% van die stu­den­te be­vol­king uit­ge­maak. Die pro­por­sie het tot 17% ver­min­der, ter­wyl swart stu­den­te se aan­deel van 40% tot meer as 70% ver­hoog het.

Een doel­wit is dat die s­tu­den­te­ge­tal­le teen 2030 tot 1,6 mil­joen ver­hoog moet word met veel ho­ër ge­gra­du­eer­des. Die Raad vir Ho­ër On­der­wys wys eg­ter daar­op dat on­pro­duk­tie­we sub­si­die daar­deur met 50% ver­hoog sal word. On­ge­veer 60% van eer­ste­jaar­stu­den­te druip en daar is af­na­mes in suk­ses­koer­se by ver­al swart en bruin stu­den­te.

Na­vor­sing toon dat on­ge­veer een der­de van stu­den­te nie oor die ver­moë be­skik om suk­ses­vol te stu­deer nie. Die poel van stu­den­te wat wis­kun­de en we­ten­skap met meer as 60% slaag, is klein – 32 000 en 25 000 on­der­skei­de­lik.

Swart stu­den­te kla dat hul­le met beur­se ge­lok word, maar op kam­pus­se aan hul eie lot oor­ge­laat word.

Trans­for­ma­sie op per­so­neel­vlak is be­son­der moei­lik. Ge­kwa­li­fi­seer­de per­so­neel­le­de is skaars en word met be­ter sa­la­ris­se weg­ge­lok. On­ge­veer 50% van die per­ma­nen­te a­ka­de­mie­se per­so­neel is wit, ter­wyl 35% swart en 5% en 8% on­der­skei­de­lik bruin en In­di­ër is. Net drie vi­se­kan­se­liers is wit.

Die ei­se van stu­den­te en uit­spra­ke van N­zi­man­de het groot on­se­ker­heid by ver­al wit per­so­neel­le­de ge­skep.

Baie per­so­neel­le­de vrees uit­dienss-tel­ling, an­der soek el­ders ’n heen­ko­me, ter­wyl an­der vroeë af­tre­de oor­weeg. Skei­dings­pak­ket­te is be­skik­baar.

A­ka­de­mi­ci van naam wys daar­op dat al­les daar­op dui dat e­li­tis­me, me­ri­to­kra­sie of pres­teer­der heer­skap­py waar­skyn­lik nie meer ge­wild is in ’n de­mo­kra­tie­se sa­me­le­wing waar die klem so sterk op trans­for­ma­sie val nie.

Trans­for­ma­sie van kur­ri­ku­la het goed ge­vor­der. Daar is in se­ke­re ge­val­le ’n ge­vaar­li­ke weg­be­weeg van fun­da­men­te­le sko­ling tot toe­ge­pas­te on­der­rig en na­vor­sing.

Swart stu­den­te eis eg­ter ver­a­fri­ka-ni­se­ring van leer­plan­ne– A­fri­ka-op­los­sings vir A­fri­ka-pro­ble­me. A­fri­ka­ta­le kwyn en pu­bli­ka­sies in let­ter­kun­de krimp.

Die U­ni­ver­si­tei­te van Kaap­stad en K­waZu­lu-Na­tal neem tans die voor­tou met A­fri­ka­ni­se­ring tot groot ont­stel­te­nis van do­sen­te.

Die trans­for­ma­sie van die in­sti­tu­si­o­ne­le kul­tuur is van die moei­lik­ste op kam­pus­se. Die Reitz-voor­val by die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat, ont­groe­ning by die Pot­chef­stroom-kam­pus, en ge­verf­de ge­sig­te by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch, as­ook ver­krag­tings voor­val­le, het die kom­plek­si­teit en e­mo­sies van ver­an­de­ring in die kol­lig ge­plaas.

Op die af­grond

Staan u­ni­ver­si­tei­te op die rand van ’n af­grond om óf in ’n maal­stroom van ir­re­le­van­sie te ver­dwyn óf kan die stu­den­te­pro­tes­te ook, soos in die ge­val van Pa­rys in 1968, daar­toe lei dat ver­lo­re aan­sien her­win word?

Sterk lei­er­skap sal no­dig wees om on­der meer die reg­ma­ti­ge ou­to­no­mie op te eis, re­a­lis­tie­se stu­den­te­groei te on­der­han­del en per­so­neel­le­de te ver­se­ker dat nood­saak­li­ke trans­for­ma­sie slegs vol­gens me­rie­te sal ge­skied.

Die grond­slae is, net soos met die Grond­wet, ste­wig ge­ves­tig in be­leids­do­ku­men­te en struk­tu­re om ge­hal­te te ver­se­ker.

U­ni­ver­si­tei­te moet ’n sleu­tel­rol speel om ’n oop de­mo­kra­tie­se ge­meen­skap te help bou met ’n in­ge­lig­te, kri­tie­se en so­si­aal be­wus­te bur­ge­ry.

Die po­li­tie­se en i­de­o­lo­gie­se aan­drang op on­ge­brei­del­de groei in s­tu­den­te­ge­tal­le en oor­haas­ti­ge trans­for­ma­sie van per­so­neel sal on­ver­my­de­lik daar­toe lei dat stan­daar­de in on­der­rig en na­vor­sing ver­der ver­swak.

Die on­ge­rief­li­ke waar­heid is dat werk­ge­wers en die bui­te­land reeds nie meer se­ke­re kwa­li­fi­ka­sies er­ken nie.

In­dien die aan­sien van u­ni­ver­si­tei­te ver­der ska­de ly, sal dit el­len­de vir al­mal be­te­ken.

Swart stu­den­te sal waar­skyn­lik die mees­te ge­raak word om­dat baie nie die mid­de­le het om kwa­li­fi­ka­sies in die bui­te­land te ver­werf nie.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Stu­den­te van die Pot­chef­stroom­kam­pus van die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit hou ’n op­tog kort na­dat prof. Dan Kg­wa­di as vi­se­kan­se­lier van die NWU aan­ge­stel is. Hul­le het ’n me­mo­ran­dum oor trans­for­ma­sie aan hom oor­han­dig.

Prof. S­mit doen na­vor­sing oor ho­ër on­der­wys en be­vol­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.