Pers Ma­ties: Ad­vo­kaat se ver­slag klaar

Beeld - - Nuus - A­let Jan­se van Rens­burg

Die kom­mis­sa­ris wat die so­ge­naam­de “pers­ge­sig-voor­val” aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US) on­der­soek het, dien haar ver­slag na ver­wag­ting mô­re in.

Chris­ti­ne “Poe­kie” B­rie­den­hann en JoAn­ne Cloe­te is be­gin Fe­bru­a­rie uit die vrou­e­kos­huis Heem­ste­de ge­skors na­dat hul­le hul ly­we en ge­sig­te vir ’n par­ty­tjie pers ge­smeer het.

B­rie­den­hann het ’n fo­to van haar en Cloe­te op haar In­sta­gram-pro­fiel ge­plaas waar­op dit aan­vank­lik ge­lyk het of hul­le swart ge­smeer is.

Die u­ni­ver­si­teit s raad het adv. Re­na­ta Wil­li­ams SC op­drag ge­gee om die ge­beu­re te on­der­soek. Die US se han­te­ring van die si­tu­a­sie en“in­bra­ke” deur stu­den­te by Heem­ste­de na aan­lei­ding van die voor­val was deel van haar on­der­soek.

Ge­or­ge S­teyn, voor­sit­ter van die u­ni­ver­si­teit s raad, sal op grond van haar ver­slag be­sluit hoe die saak ge­han­teer moet word.

“Ons kan ver­wag dat die ver­slag eers aan raads­le­de be­kend ge­maak sal word voor­dat dit aan die pu­bliek be­kend ge­maak word. Pre­sies hoe dit sal ge­beur, is die voor­sit­ter se be­sluit ,” het Su­san v an­der M er­we, US­kom­mu­ni-ka­sie­hoof, ge­sê.

Die twee stu­den­te het vroe­ër in ’n ver­kla­ring ge­sê: “Ons ge­val het ver­skeie te­kort­ko­min­ge in die u­ni­ver­si­teit se be­leid en pro­se­du­res, as­ook die op­tre­de van sy amp­te­na­re, ont­bloot.

“Ons wil ver­se­ker dat an­der stu­den­te in die toe­koms nie op ’n soort­ge­ly­ke wy­se deur hier­die te­kort­ko­min­ge be­na­deel en ver­ont­reg word nie.”

B­rie­den­hann se pa, dr. Jog­gie B­rie­den­hann, het vroe­ër ge­sê hul­le oor­weeg reg­stap­pe teen die u­ni­ver­si­teit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.