Vloed­wa­ter sleur man, kwad­fiets mee

Beeld - - Nuus - – Han­nes Kru­ger

’n Man is Maan­dag­mid­dag suid van Jo­han­nes­burg dood na­dat hy en sy vier­wiel­mo­tor­fiets deur vloed­wa­ter mee­ge­sleur is.

Pa­ra­me­di­ci van ER24- het om­streeks 14:20 by die oor­stroom­de laag­wa­ter­brug in Ei­sen­ho­wer­straat in K­lip­ri­vier aan­ge­kom en slegs die kwad­fiets in die wa­ter sien lê. Daar was geen te­ken van die be­stuur­der nie.

Vol­gens Rus­sel Mei­ring, ER24woord­voer­der, is red­dings­wer­kers ont­bied om na die man te help soek.

“Ná ’n paar uur is die lyk van ’n man in sy vyf­ti­ger­ja­re ver af in die ri­vier ge­vind.”

Mei­ring sê die man het veel­vul­di­ge be­se­rings op­ge­doen en hy is op die to­neel dood ver­klaar.

Die slag­of­fer het glo die oor­stroom­de laag­wa­ter­brug met sy kwad­fiets pro­beer oor­steek toe hy deur die vloed­wa­ter mee­ge­sleur is.

Be­amp­tes van plaas­li­ke o­wer­he­de was ook op die to­neel om die saak te on­der­soek.

Fo­to: ER24

Die laag­wa­ter­brug in K­lip­ri­vier bui­te Jo­han­nes­burg waar ’n man en sy kwad­fiets mee­ge­sleur is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.