Ma en kin­ders ge­kaap: Trau­ma ver­traag saak

Beeld - - Nuus - – An­le­rie de Wet

Ma­ri­li­ze B­rig­ht is te ge­trau­ma­ti­seer om ’n ver­kla­ring by die po­li­sie af te lê oor die ka­ping en on­ge­luk daar­na waar­in sy en twee van haar drie kin­ders erns­tig be­seer is.

Kapt. Ly­dia Di­ko­lo­me­la, woord­voer­der van die Flo­ri­da-po­li­sie­kan­toor in Roo­de­poort, sê hul­le wag op B­rig­ht se ver­kla­ring en dat een van die ver­dag­tes van sy heup­be­se­ring her­stel voor­dat die saak ver­der ge­voer kan word.

Die an­der ver­dag­te is in­tus­sen in die tronk in Kru­gers­dorp. Hul­le sal in die land­dros­hof in Roo­de­poort ver­skyn op aan­klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en po­ging tot ont­voe­ring.

Ma­ri­li­ze, haar seun, Da­mi­an (6), en twee dog­ters, A­bi­gail (10) en Ma­ri­ni­que (nou 10 maan­de), is op 15 A­pril in hul Hyun­dai i20 op die hoek van Cut­ten- en Kil­burn­straat in Flo­ri­da ge­kaap.

Die ka­pers het met haar en haar kin­ders eers teen ’n vei­lig­heids­maat­skap­py se voer­tuig ge­bots en toe ’n ent ver­der in ’n bak­kie wat ’n woon­wa ge­sleep het, vas­ge­jaag.

Da­mi­an en A­bi­gail is be­seer, maar is ver­le­de week te­rug skool toe.

Ma­ri­ni­que is on­ge­deerd in haar ba­bastoel­tjie ge­vind.

Ma­ri­li­ze se bek­ken en ne­ge rib­be is ge­breek, sy het erns­ti­ge kop­be­se­rings op­ge­doen en ’n bloed­klont in die nek ge­had. Een van die ge­breek­te rib­be het boon­op deur ’n long ge­steek. Weens die swel­ling op haar brein het sy ’n week ná die on­ge­luk ’n be­roer­te ge­had.

Sy ont­vang fi­si­o­te­ra­pie in die Ne­t­ca­re-re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum in Jo­han­nes­burg.

“Sy vaar goed in die sen­trum en sal glo bin­ne se­we of agt we­ke her­stel,” sê Alan B­rig­ht, haar swa­er.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.