Drie­ja­ri­ge sterf na­dat eie hon­de hom ver­skeur

Beeld - - Nuus -

’n Drie­ja­ri­ge seun van Um­la­zi, Dur­ban, is eer­gis­ter dood kort na­dat sy ge­sin se twee put­boe­le hom ver­skeur het.

Vol­gens Chris Bo­tha, Ne­t­ca­re 911-woord­voer­der, was sy ge­sig heel­te­mal ver­skeur en sy arms en be­ne stuk­kend.

Die seun het bui­te ge­speel toe die hon­de hom aan­ge­val het. Sy ma, wat die hon­de net voor die aan­val kos ge­gee het, kon die hon­de nie keer nie.

Lt. N­qo­bi­le G­wa­la, po­li­sie­woord­voer­der, sê die seun­tjie is om­streeks 09:00 aan­ge­val.

Bo­tha sê Ne­t­ca­re 911-pa­ra­me­di­ci is teen 11:00 ont­bied.

“Ons het die seun met erns­ti­ge be­se­rings op die kom­buis­vloer aan­ge­tref. Hy is glo in die tuin aan­ge­val en toe deur fa­mi­lie­le­de die huis in­ge­bring.”

Vol­gens Bo­tha is die seun dood voor­dat die pa­ra­me­di­ci op die to­neel aan­ge­kom het.

Een van die hon­de is drie jaar oud en die an­der een se ou­der­dom is on­be­kend. Die po­li­sie het hul­le dood­ge­skiet.

G­wa­la sê die saak word ver­der on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.