S­port­vel­de in Pta ‘sál park word’

DA vra OB­hulp om dit te keer

Beeld - - Nuus - Le­an­ne Ge­or­ge

Die Tshwa­ne-me­tro­raad gaan on­ver­poos voort met sy plan­ne om ’n 113 jaar oue sport­ter­rein in die P­re­to­ri­a­se mid­de­stad te sloop on­danks drei­ge­men­te van die DA om die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) te vra om dié plan­ne te on­der­soek.

Die Ca­le­do­ni­an-sport­ter­rein in Ar­ca­dia is in 1903 ge­bou. Dit is die tuis­te van Ar­ca­dia S­hep­herds, een van die land se oud­ste sok­ker­span­ne.

B­les­sing Ma­na­le, bur­ge­mees­ters­woord­voer­der, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die me­tro gaan sy plan­ne “ver­snel” om ’n “te­ma­park” soort­ge­lyk aan Cen­tral Park in New York daar te ont­wik­kel.

Dié pro­jek gaan die be­las­ting­be­ta­ler so­wat R88 mil­joen uit die sak jaag.

“Daar­die i­dee kan dalk in die VSA werk, maar nie hiér nie,” sê Jo­han Wel­mans van die DA. “Dit sal, soos al die an­der oop par­ke, ’n dwelm­nes word.”

Vol­gens hom is die DA be­sig met ’n klag wat by die OB in­ge­dien gaan word.

So­wat 600 kin­ders speel sok­ker op die sport­ter­rein se vel­de.

“Dis kin­ders van twee sko­le in die om­ge­wing wat nie hul eie sok­ker­vel­de het nie en hul­le vaar góéd,” sê Wel­mans. “Hul­le wen selfs li­gas. Een van die o.13span­ne speel al in die o.15-li­ga en wen dit ook.”

Ma­na­le sê die stad kry voort­du­rend teen­stand van men­se met ’n “on­buig­sa­me” hou­ding wat “eks­klu­sie­we kul­tu­re­le en so­si­a­le en­kla­ves in die stad” wil be­hou en kap­sie maak teen al­le ont­wik­ke­lings­pro­jek­te wat die stad in­klu­sie­wer sal maak.

Die DA “pro­beer die be­stuur en klu­bei­e­naars vals hoop gee”, al weet hul­le die be­oog­de ont­wik­ke­ling is “on­af­wend­baar”, sê Ma­na­le.

Daar was uit al­le oor­de teen­kan­ting se­dert die me­tro die be­oog­de ont­wik­ke­ling in 2013 aan­ge­kon­dig het, ver­al om­dat his­to­rie­se ge­boue be­trok­ke is en daar nie ’n o­pen­ba­re­deel­na­me­pro­ses was nie.

Vol­gens Wel­mans sluit die par­tye wat kap­sie maak teen die ont­wik­ke­ling die Tshwa­ne-sport­raad, die be­trok­ke sko­le en die vrou­e­sok­ker­ver­e­ni­ging in.

In A­pril het die Gau­teng­se pro­vin­si­a­le er­fe­nis­raad in ’n brief aan die DA ge­sê die pro­jek is nog nie goed­ge­keur nie om­dat die me­tro nie die no­di­ge do­ku­men­te saam met die er­fe­nis­stu­die in­ge­dien het nie.

Vol­gens Ma­na­le het die stad ’n er­fe­nis­stu­die laat doen, dit in­ge­dien, toe “weer in­ge­dien” en die “be­trok­ke par­tye ge­raad­pleeg”.

“Ons ver­slae en die voor­ge­stel­de ont­wik­ke­ling het nie net die mi­ni­mum toets vir die na­ko­ming (van re­gu­la­sies) en kon­sul­ta­sie ge­slaag nie, maar de­mon­streer die voor­de­le van die pro­jek vir die stad se be­leg­ging in vol­hou­ba­re in­fra­struk­tuur,” sê Ma­na­le.

Wel­mans sê se­dert 2011 doen die Tshwa­ne-me­tro “moeds­wil­lig” geen in­stand­hou­dings­werk op die sport­ter­rein nie en moet Ar­ca­dia S­hep­herds uit hul eie sak daar­voor be­taal. “Die vo­ri­ge s­tads­raad het ’n trust­fonds vir die S­hep­herds ge­stig, maar dié geld is net weg.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.