T­wit­ter hou vir eers bood­skap­pe bon­dig

Beeld - - Sake -

T­wit­ter gaan vir eers nie die 140­ka­rak­ter­perk op twiets op­hef nie, maar die ma­nier waar­op dit be­re­ken word, gaan dras­ties ver­an­der. Ska­kels na web­wer­we en fo­to’s gaan voort­aan nie meer “tel” nie.

Dié stap – wat bin­ne we­ke in wer­king ge­stel gaan word – kom na­dat T­wit­ter al lank tob oor die streng perk op sy ge­tal ka­rak­ters. Daar was in Ja­nu­a­rie selfs spra­ke dat ’n perk van 10 000 ka­rak­ters oor­weeg word.

Web­ska­kels word ou­to­ma­ties deur T­wit­ter ver­kort, maar vreet nie­te­min ’n stan­daard­ge­tal van 23 ka­rak­ters op – selfs wan­neer die ska­kel self kor­ter is as dit. Die nuus is nog nie amp­te­lik deur T­wit­ter be­kend ge­maak nie, maar Bloom­berg haal bron­ne bin­ne die maat­skap­py aan.

Jack Dor­sey, me­de­stig­ter en uit­voe­ren­de hoof, het ook in Ja­nu­a­rie ge­sê hul­le soek nu­we ma­nie­re om teks te ver­toon so­dat men­se nie skerm­gre­pe van teks of so­ge­naam­de “twiet­storms” – op­een­vol­gen­de twiets oor die­self­de on­der­werp – hoef te plaas nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.