Nu­we hoof by Gup­ta­maat­skap­py aan­ge­stel

Beeld - - Sake Nuus - – Hanlie S­tad­ler

Oak­bay E­ner­gy and Re­sour­ces het ie­mand uit sy bin­ne­kring aan­ge­stel as nu­we uit­voe­ren­de hoof na­dat Va­run Gup­ta in Maart be­dank het.

Ja­c­ques Roux, van­te­vo­re die uit­voe­ren­de hoof van ’n an­der Gup­ta-maat­skap­py, JIC Mi­ning Ser­vi­ces, is se­dert Ju­nie 2015 ver­ant­woor­de­lik vir die Oak­bay-groep se Brak­fon­tein-steen­kool­myn na­by Del­mas in M­pu­mu­la­na­ga.

Brak­fon­tein is in be­sit van die ewe om­stre­de Te­ge­ta Re­sour­ces and Ex­plo­ra­ti­on, nog ’n maat­skap­py waar­in die Gup­tas be­lê is.

Roux was ook voor­heen in In­dië in diens van die re­ke­naar-maat­skap­py Sa­ha­ra, die oor­spronk­li­ke bron van die Gup­tas se weel­de, waar hy ge­help het om dui­sen­de win­kels vir dié groep te ves­tig.

Gup­ta, een van die om­stre­de Gup­ta­broers wat na be­we­ring pro­beer het om pres. Ja­cob Zu­ma te be­ïn­vloed, het be­dank na­dat Suid-A­fri­kaan­se ban­ke Oak­bay en sy moe­der­maat­skap­py, Oak­bay In­ves­t­ments, soos ’n warm pa­tat ge­los het. Oak­bay se ou­di­teur, KPMG, en aan­de­le-beurs­borg, Sas­fin, het ook hul ban­de ver­breek.

Oak­bay het in­tus­sen ’n nu­we ou­di­teurs­fir­ma aan­ge­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.