Disco­ve­ry se groei ver­lang­saam

Beeld - - Sake Nuus -

Kaap­stad. – Selfs die ys­li­ke me­die­se fonds Disco­ve­ry He­alth Me­di­cal S­che­me (DHMS) se groei in hoof­le­de ver­lang­saam, hoe­wel sy groei steeds be­ter is as dié van an­der fond­se.

DHMS se ge­tal hoof­le­de het met am­per 3% tot meer as 1,26 mil­joen in 2015 toe­ge­neem. Milton St­re­ak, hoof­be­amp­te, sê die groei moet bin­ne kon­teks ge­sien word om­dat dit van ’n ho­ër ba­sis kom.

“Lid­maat­skap­groei het eg­ter wel ef­fens ver­lang­saam se­dert 2012.”

Me­die­se ske­mas kry nie meer le­de nie om­dat for­me­le in­diens­ne­ming in Suid-A­fri­ka nie toe­neem nie en ske­mas vir die res van die be­vol­king on­be­kos­tig­baar is. DHMS het am­per 2,7 mil­joen le­wens ge­dek ein­de De­sem­ber. Dit is so­wat 53% van oop me­die­se ske­mas se le­wens en 30% van die to­ta­le le­wens wat deur ske­mas ge­dek word.

Sy fi­nan­si­ë­le s­ta­te toon by­dra­es deur le­de het met am­per 11% tot R49 mil­jard ge­styg. Dit is dank­sy pre­mies wat ver­le­de jaar met 9,9% ge­styg het en die groei in die ge­tal le­de.

Sy be­dryfs­uit­ga­wes het met so­wat 8% tot meer as R8 mil­jard ge­styg. Die uit­ga­wes sluit in:

) R982,8 mil­joen wat aan ma­ke­laars be­stee is – am­per 7% meer as ver­le­de jaar.

) R3,9 mil­jard is aan ad­mi­nis­tra­sie be­stee – 8,1% meer as in 2014. Die sty­ging word toe­ge­skryf aan le­de­groei plus die ad­mi­nis­tra­sie­geld­ver­ho­ging per lid per maand.

) Sy an­der uit­ga­wes het met 23% ge­styg tot R198,3 mil­joen. Dit sluit in per­so­neel­kos­te en die be­ta­ling van trus­tees. Die groot­ste i­tem on­der an­der uit­ga­wes is af­skry­wing van sleg­te skuld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.