Coro­na­ti­on se wins daal in on­stui­mi­ge mark­te

Beeld - - Sake Nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Kaap­stad. – Die ge­no­teer­de ba­te­be­stuur­der Coro­na­ti­on se aan­deel­prys het gis­ter met meer as 4% ge­daal na­dat hy in sy half­jaar­re­sul­ta­te ’n la­er di­vi­dend aan­ge­kon­dig het om­dat sy wins ge­daal het.

Coro­na­ti­on se di­vi­dend­be­leid is om min­stens 75% van sy kon­tant­wins uit te be­taal as ’n di­vi­dend. Die af­ge­lo­pe ses jaar is 100% van die kon­tant­wins uit­be­taal en dit is van­jaar ook die ge­val. As ge­volg van die la­er wins, is die di­vi­dend eg­ter la­er.

Dit is die t­wee­de jaar ag­ter­een­vol­gens dat Coro­na­ti­on ’n da­ling in sy in­kom­ste in die halfjaar tot ein­de Maart aan­meld.

Hy ver­dien sy in­kom­ste uit die geld wat hy na­mens pen­si­oen­fond­se en ge­wo­ne be­leg­gers be­stuur. Die pres­ta­sie­geld wat ver­dien is, het ge­daal om­dat hy weer nie be­ter as sy maat­staw­we pres­teer het nie. Dit het in die oor­een­stem­men­de halfjaar in 2015 ook ge­daal.

An­ton Pil­lay, uit­voe­ren­de hoof, sê eg­ter Coro­na­ti­on meet sy suk­ses aan sy ver­moë om goeie op­brengs­te vir be­leg­gers oor ’n lang tyd – vyf tot tien jaar – te le­wer.

Pil­lay sê die mark is ui­ters wis­sel­val­lig en dit gaan voort­duur.

Coro­na­ti­on se ba­tes on­der be­stuur het ook vir die eer­ste keer se­dert 2008 ge­daal weens ’n net­to uit­vloei van be­leg­gers­geld van R47 mil­jard. Die groot­ste deel hier­van is ’n net­to uit­vloei aan die pen­si­oen­fonds­kant.

Pil­lay sê dit is om­dat Coro­na­ti­on vier jaar ge­le­de se­ke­re in­sti­tu­si­o­ne­le por­te­feul­jes vir nu­we be­leg­gers ge­sluit het en dus nie nu­we fond­se kan werf in die por­te­feul­jes nie.

Vol­gens hom is die por­te­feul­jes ge­sluit om op­brengs­te te be­skerm.

Nog ’n re­de vir die uit­vloei is ’n her­ba­lan­se­ring van por­te­feul­jes deur kli­ën­te.

Pil­lay sê die for­me­le af­tree­mark in Suid-A­fri­ka krimp al ja­re lank weens werk­loos­heid, af­dan­kings en on­der­ne­mings wat hul deu­re sluit.

’n Net­to uit­vloei van R11 mil­jard is aan die klein­han­del­kant ge­kry waar ge­wo­ne be­leg­gers in Coro­na­ti­on se ef­fek­te­trusts­fond­se be­lê.

Pil­lay sê die uit­vloei was nie tot ’n en­ke­le fonds be­perk nie.

Pil­lay sê die ef­fek­te­trust­be­dryf het die af­ge­lo­pe ses jaar ’n bui­ten­ge­wo­ne in­vloei van geld ge­kry en dié groei be­gin ver­lang­saam. Coro­na­ti­on het in dié tyd ’n on­e­we­re­di­ge deel van die nu­we geld ge­lok.

Vol­gens hom het hul­le ver­wag dat hul mark­aan­deel gaan daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.