Soros be­lê in goud

Beeld - - Sake Nuus - – Bloom­berg

Goud trek weer die aan­dag van die wê­reld se groot­ste be­leg­gers.

Bloom­berg be­rig dat Ge­or­ge Soros, een van die ryk­ste men­se in die wê­reld met ’n per­soon­li­ke for­tuin van on­ge­veer $24,4 mil­jard, sy maat­skap­py se be­leg­gings in A­me­ri­kaan­se aan­de­le met meer as ’n der­de ver­min­der het en dié geld in ’n goud­maat­skap­py be­lê het.

Soros het glo $264 mil­joen be­stee aan ’n be­lang in die wê­reld se groot­ste goud­myn­ma at­skap­py, Bar­rick Gold.

Bloom­berg be­rig ver­der dat Bar­rick se aan­deel­prys reeds meer as ver­dub­bel het in 2016. Dit was op 4 Ja­nu­a­rie op 10,79 Ka­na­de­se dol­lar en gis­ter het dit K$24,37 in Toron­to ge­haal.

Die vyf groot re­des wat Bloom­berg aan­gee vir die her­nu­de be­lang­stel­ling in goud as be­leg­ging is:

1. Die goud­prys het van $1 074,61 per fyn­ons op 4 Ja­nu­a­rie tot $1 273,45 per fyn­ons Dins­dag ge­styg.

2. Baie ont­lui­ken­de mark­te se geld­een­he­de het se­dert Ja­nu­a­rie aan­sien­lik teen­oor die dol­lar ver­swak, wat be­te­ken hul wins in die plaas­li­ke geld­een­he­de neem toe.

3. Myn­maat­skap­pye se al­les- in­ge­slo­te-kos­te het met on­ge­veer 34% ge­daal se­dert 2012.

4. Goud­myn­maa t­skap­pye het nou baie min­der skuld. Dit is deels om­dat hul­le min­der geld ge­leen het, maar ook om­dat hul­le van hul ba­tes ver­koop het.

5. Die myn­maat­skap­pye se re­ser­wes is be­ter en le­wer meer goud per ton erts juis om­dat hul­le nie meer la­er­kwa­li­teit-ba­tes be­sit nie.

Bar­rick be­dryf my­ne wê­reld­wyd, maar be­sit nie my­ne in Suid-A­fri­ka nie.

Suid-A­fri­ka se groot­ste goud­myn­ma at­skap­pye be­vind hul­le in die­self­de po­si­sie.

Van 4 Ja­nu­a­rie 2016 tot Dins­dag het Ang­loGold As­han­ti se aan­deel­prys van R114,80 tot R236,57 ge­styg, Si­ba­nye Gold s’n van R24,17 tot R51,41 en Har­mo­ny Gold s’n van R17,28 tot R52,76.

Ge­or­ge Soros, een van die wê­reld se ryk­ste men­se, het vroe­ër van­jaar $264 mil­joen in ’n goud­myn­maat­skap­py be­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.