Simp­son sing mu­siek­storm los

Beeld - - Sake Nuus - Da­nie Marais Byklan­ke

As jy nie be­sef coun­try en soul is bloed­fa­mi­lie nie, het jy nog nie coun­try of soul mooi ver­staan nie. So het ’n Duit­se pla­te­vers a­me­laar­vriend van my graag erns­tig ver­klaar wan­neer hy iets van C­har­ley P­ri­de op die draai­ta­fel sit.

Hier­die te­o­rie het my nog nooit heel­te­mal oor­tuig nie – nie el­ke coun­try-troe­ba­doer het soul nie en nie el­ke soul-pre­di­ker twang nie.

As jy wil hoor wat­ter groot drin­ke­broers soul en coun­try kan wees en hoe dié twee saam kan rock en funk tot jou hart cus­tard pomp, moet jy hard gaan luis­ter na S­tur­gill Simp­son se ver­bys­te­ren­de der­de so­lo-al­bum, A Sai­lor’s Gui­de to Earth.

Sy jong­ste is nie net iets nuuts in ter­me van sy eie werk nie – dis ’n mu­si­ka­le bas­ter wat e­ni­ge paar er­va­re ore op ver­ras­sen­de ma­nie­re laat tuit.

Simp­son het in ’n on­der­houd ge­sê sy vo­ri­ge uit­rei­king, die Gram­my-be­noem­de Me­ta­mo­dern Sounds in Coun­try Mu­sic (2014) het coun­try-pu­ris­te tot die slot­som laat kom hy gooi waar­skyn­lik LSD oor sy graan­kos. Die post­mo­der­ne co­w­boy se 2014-deur­braak het we­lis­waar psi­ge­de­lie­se e­le­men­te ge­had en ’n paar ver­wy­sings na dwelms in die li­rie­ke, maar die mu­siek het eint­lik deeg­lik bin­ne die out­law- tra­di­sie van coun­try­rock ge­bly. Simp­son klink im­mers soos ’n re­ïn­kar­na­sie van Way­lon Jen­nings en hy tel in­tus­sen ook dié out­law- le­gen­de se san­ger­seun, S­hoo­t­er Jen­nings, on­der sy vrien­de en aan­han­gers.

Met sy jong­ste het hy eg­ter ’n sprong in ’n veel meer on­voor­spel­ba­re o­se­aan van klank ge­waag vir ’n kon­sep­al­bum oor ’n ma­troos­pa wat ver­lan­gend huis toe skryf aan sy vrou en seun. Die re­sul­taat is ’n si­klus van ne­ge lied­jies wat van bak­boord na stuur­boord ge­slin­ger word. Jy luis­ter ver­stom na ’n san­ger wat al­tyd pu­re coun­try klink, maar sing in ’n e­klek­tie­se mu­siek­storm wat hy self ge­skep het; ’n man wat soms bid­dend pre­wel en an­der ke­re bul­der teen ’n or­kaan van ko­per­bla­sers, en dít dik­wels in die­self­de lied­jie. Dis ’n a­von­tuur­li­ke vaart deur die ge­moed van een be­son­der on­stui­mi­ge skip­per waar­voor Simp­son die soul­ve­te­ra­ne The DapKings, be­kend vir hul werk met Amy Wi­ne­hou­se en S­ha­ron Jo­nes, op­ge­kom­man­deer het.

Die ster­re wat sy koers be­paal het, was glo Mar­vin Gaye, die Da­vid Bo­wie van die Zig­gy S­tar­dust- era en T. Rex se E­lec­tric War­ri­or. Dit klink ver­ge­sog, maar seil saam en jy ver­staan wat hy be­doel.

In Simp­son se ge­ïn­spi­reer­de weer­ga­we van Ni­r­va­na se grun­ge-tref­fer “In Bloom” word die wa­re fa­mi­lie­band tus­sen coun­try en soul dan ook tog dui­de­lik – en nie net in die ma- nier waar­op hy Co­bain se woor­de vlot laat coun­try praat voor­dat dit in­ge­suig word in ’n maal­kolk van Dap-King-soul­bla­sers nie. Wan­neer jy hoor hoe die 37-ja­ri­ge Simp­son “He don’t know w­hat it me­ans, to lo­ve so­meo­ne” sing, be­sef jy die mees­te rock speel in die e­mo­si­o­ne­le spek­trum af waar­in jeug­di­ge of hard­kop­pi­ge ont­ken­ning en ro­man­tiek sen­traal staan.

Coun­try en soul is daar­en­teen pop vir ou sie­le wie se har­te reeds op ’n paar plek­ke ge­breek is. Dit verskaf die soort mu­si­ka­le be­grip en ver­gif­nis wat dit moont­lik maak om vre­de te hê met ’n stuk­ken­de dog won­der­baar­li­ke wê­reld en jou weer­lo­se, be­skeie plek­kie daar­in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.