’n Lof­ge­sang wat waar­dig ver­hef word

Beeld - - Sake Nuus - Paul Boek­kooi

Men­dels­sohn: Lob­ge­sang Gau­teng P­hil­har­mo­nic Or­ches­tra o.l.v. Ger­ben Groo­ten Brook­lyn­te­a­ter, P­re­to­ria

Lob­ge­sang be­te­ken heel een­vou­dig “Prys­ge­sang”, maar in Men­dels­sohn se ge­val is hier­die sim­fo­nie, na­doods ge­pu­bli­seer as sy Sim­fo­nie nr. 2 in B-mol, o­pus 52, ’n om­vang­ry­ke werk – ver­al ook wat sy be­set­ting be­tref. Dit is ook min­stens twee keer lan­ger as e­ni­ge van sy an­der sim­fo­nieë.

Dit is se­re­mo­ni­eel van aard, met eks­klu­sief By­bel­se teks­te wat ’n be­son­der­se graad van ver­he­we spi­ri­tu­a­li­teit daar­aan ver­leen. Die 400ste be­staans­jaar van Gu­ten­berg se druk­pro­ses is met die pre­mi­è­re van dié Lob­ge­sang her­denk. Sul­ke ge­leent­he­de haal sel­de die bes­te uit kom­po­nis­te, maar Men­dels­sohn se in­spi­ra­sie uit die By­bel sorg dat heel­wat daar­van he­mel­be­stor­mend en te­ge­lyk troos­ryk is.

Dat die Brook­lyn­te­a­ter dit ge­kies het om hul ses­de ver­jaar­dag te vier, was dus e­wen­eens baie ge­pas.

Dié uit­voe­rings van die af­ge­lo­pe na­week was van­self­spre­kend op klei­ner skaal as wat ge­bruik­lik was in Men­dels­sohn se tyd. Ver­al die En­gel­se uit­voe­rings in die Vic­to­ri­aan­se era was gran­di­o­ser, met meer­de­re ko­re, ’n or­rel, ’n gro­ter or­kes en meer ruim­te as wat die Brook­lyn­te­a­ter sou kon bied.

Dit sou min luis­te­raars erns­tig ge­hin­der het, want bin­ne die kern van dié re­li­gi­eu­se werk word dit dui­de­lik dat die kom­po­nis ook hier op vo­ri­ge, meer oot­moe­di­ge re­li­gi­eu­se tra­di­sies ge­steun het en daar­deur ge­ïn­spi­reer is.

Ger­ben Groo­ten was as di­ri­gent die i­de­a­le keu­se om dié kom­po­si­sie se bin­ne­wer­kin­ge vir ons te ont­sluit. Dit han­del oor diep en hoop­ge­wen­de ge­loof. Die kern daar­van is deur die di­ri­gent op ’n sub­teks­vlak krag­tig uit­ge­dra. Hy haal uit el­ke so­lis, koor- en or­kes­lid die bes­te en dryf die werk se groots­heid tot die spits.

In die drie­de­li­ge Sin­fo­nia, wat die vo­ka­le ge­deel­te daar­van voor­af­gaan, het Groo­ten die Gau­teng P­hil­har­mo­nic Or­ches­tra (GPO) met in­spi­ra­sie, uit­ste­ken­de fra­se­ring en rit­mie­se soe­pel­heid ge­lei. Ver­al die aan­deel van die hout­bla­sers ver­dien spe­si­a­le ver­mel­ding. Hul ar­ti­ku­la­sie en fra­se­ring het let­ter­lik en fi­guur­lik bo die res van die or­kes uit­ge­styg.

Die pro­fes­si­o­ne­le koor van Pot­chef­stroom se Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, met San­ti­sa Vil­joen as koor­mees­ter, sing stra­lend. Die koor­klank is krag­tig en vol, maar ook deur­sig­tig en van tyd tot tyd selfs uit­ge­spro­ke teer en warm.

Die vo­ka­le werk deur Il­ze Coet­zee en An­toi­net­te O­li­vier (so­pra­ne) en Her­man T­heron (te­noor) was voor­tref­lik. Daar is sterk van­uit ’n teks­ge bon­den­heid ge­sing.

) Dié Lob­ge­sang was ’n be­gees­te­ren­de er­va­ring. Mag die be­stuur van die Brook­lyn­te­a­ter, wat die GPO aan ’t le­we hou (in kon­tras met ’n JPO wat o­ën­skyn­lik ster­wend is), die wys­heid en borg­skap­pe bly vind om die or­kes vol­hou­baar te maak en hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.