Me­di­sy­ne ge­steel: 2 amp­te­na­re af­ge­dank

Beeld - - Sake Nuus - Ren­eil­we Dhludhlu

Twee ge­sond­heids­amp­te­na­re van ’n staats­hos­pi­taal in Gau­teng is deur die de­par­te­ment van ge­sond­heid in die pad ge­steek na­dat hul­le me­di­sy­ne van der­dui­sen­de ran­de ge­steel het.

Nog vier be­amp­tes het ook die trek­pas ge­kry weens an­der oor­tre­dings.

’n Ap­te­ke­ras­sis­tent en ’n wer­ker van die was­se­ry wat by die Tem­bi­sa-hos­pi­taal ge­werk het, is af­ge­dank na­dat ge­val­le van be­drog on­der­soek is.

Me­di­sy­ne van R36 000 is uit die hos­pi­taal ge­steel, waar­on­der 48 hou­ers met me­di­ka­sie wat vir die be­han­de­ling van bi­po­lê­re ver­steu­rings, psi­go­tie­se toe­stan­de en vir se­nu­pyn ge­bruik word.

Daar is ook 35 bok­se San­doz-Co­a­moxy­clov, wat ge­bruik word vir die be­han­de­ling van long­ont­ste­king, res­pi­ra­to­rie­se in­fek­sie en mid­del­oor­ont­ste­king, ge­steel.

’n To­taal van 179 bok­se me­di­ka­sie is ge­steel.

Qe­da­ni Mahlan­gu, Gau­teng­se LUR vir ge­sond­heid, sê sy is moe­de­loos oor men­se wat voort­gaan om sul­ke oor­tre­dings te be­gaan.

“Hoe ver­dui­de­lik ’n mens die ra­si­o­naal van ’n ap­te­ke­ras­sis­tent om me­di­ka­sie te steel wat hy ver­on­der­stel is om te be­waar? E­nig­ie­mand wat aan die ver­keer­de kant van die ge­reg be­trap word, sal die ge­vol­ge dra.”

Vol­gens S­te­ve Ma­bo­na, woord­voer­der van die de­par­te­ment, is die vier an­der amp­te­na­re weens ver­skeie oor­tre­dings af­ge­dank.

’n Ad­mi­nis­tra­tie­we k­lerk is by die Dr. Ge­or­ge Muk­ha­ri- a­ka­de­mie­se hos­pi­taal in P­re­to­ria af­ge­dank weens die oor­be­ta­ling van geld aan ’n an­der werk­ne­mer son­der om die reg­te pro­se­du­re te volg. Ma­bo­na sê dit het tot on­re­ël­ma­ti­ge uit­ga­wes van oor­tyd­be­ta­lings ge­lei.

By die B­he­ki Mlan­ge­ni-dis­triks­hos­pi­taal in Jo­han­nes­burg het die de­par­te­ment ’n amp­te­naar af­ge­dank weens sa­me­span­ning in die be­stuur van ly­ke by ’n lyk­huis.

By die­self­de hos­pi­taal het die fi­nan­si­ë­le k­lerk ’n pos aan­vaar waar­voor hy nie aan­soek ge­doen het nie. Hy is af­ge­dank.

’n An­der werk­ne­mer het do­ku­men­te ver­vals om die werk­ge­wer te laat glo hy was by die werk ter­wyl hy nie aan diens was nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.