Wer­kers be­han­del ná for­mal­de­hied­in­a­se­ming

Beeld - - Sake Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Werk­ne­mers van ’n fa­briek in Po­lo­kwa­ne het gis­ter­og­gend a­sem­ha­lings­pro­ble­me on­der­vind weens ’n che­mie­se lek­ka­sie.

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van die ER24-nood­diens, sê hul­le het 25 men­se daar­voor be­han­del.

Vol­gens Mei­ring is hul­le om­streeks 08:30 na ’n fa­briek in S­taal­straat, La­di­ne, ont­bied. Van die werk­ne­mers het ge­kla dat hul­le suk­kel om a­sem te haal en hul­le het by ’n nood­uit­gang van die ge­bou saam­ge­drom.

Mei­ring sê for­mal­de­hied het eer­gis­ter­nag glo uit ’n hou­er in die ge­bou ge­lek.

Re­view, ’n plaas­li­ke koe­rant, be­rig die ge­bou waar die men­se be­han­del is, be­hoort aan A­ma­rel Brands. Die on­der­ne­ming is ná die voor­val die res van die dag ge­sluit.

Vol­gens A­ma­rel Brands se web­werf ver­vaar­dig hul­le plas­tiek­hou­ers wat ge­bruik word om pro­duk­te te stoor wat in haar- en vel­sorg ge­bruik word.

Die pro­vin­si­a­le nood­diens is ook na die ge­bou en het van die men­se na ’n hos­pi­taal in die stad ge­bring.

Nood­diens­wer­kers wat op­ge­lei is om ge­vaar­li­ke che­mie­se lek­ka­sies op te ruim, is ook ont­bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.