Dok­ter erg be­seer toe gas­ver­war­mer ont­plof

Beeld - - Sake Nuus - – Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

’n Dok­ter van Cen­tu­ri­on is in ’n kri­tie­ke toe­stand in die plaas­li­ke Ne­t­ca­re U­ni­tas-hos­pi­taal na­dat ’n gas­ver­war­mer gis­ter­og­gend in sy huis ont­plof het.

Die voor­val het tus­sen 05:00 en 06:00 by die Brook­lands-land­goed ge­beur.

Die dok­ter (57) werk by 1 Mi­li­tê­re Hos­pi­taal in P­re­to­ria.

Sy fa­mi­lie wou sy naam nie in dié sta­di­um be­kend maak nie.

Rus­sel Mei­ring, woord­voer­der van die ER24-nood­diens, het ge­sê hul­le kan nie sê hoe die on­ge­luk ge­beur het nie.

“Toe ons daar op­daag, was pa­ra­me­di­ci van die vei­lig­heids­maat­skap­py be­sig om hom te sta­bi­li­seer.”

Ru­an Heyns, ’n pa­ra­me­di­kus van die Oran­ge Fox-vei­lig­heids­maat­skap­py wat op die to­neel was, het be­ves­tig dat die brand groot ska­de in die huis aan­ge­rig het.

“Sy twee jong dog­ters en vrou was in die huis, maar ver van die brand af en hul­le is on­ge­deerd,” het hy ge­sê.

Die pa­si­ënt het erns­ti­ge brand­won­de aan die ge­sig, arms en bors op­ge­doen, het Heyns ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.