Crou­camp ver­kon­dig net sy eie dog­ma

Beeld - - Kommentaar - Wil­helm Jor­daan

Ver­ont­waar­di­ging oor die po­li­tie­ke ont­le­der dr. Piet Crou­camp se stel­lings dat “God en Je­sus al­bei brein­dood” is en dat daar “geen f****n be­wys is dat daar ’n God is nie”, loop wyd en kring uit.

Baie dui­de­lik pla dit Crou­camp nie juis nie. Hy gee toe dat hy dit an­ders kon ge­stel het, maar hy bly by wat hy sê en klaar­blyk­lik ge­niet hy die op­spraak.

Na­tuur­lik is dit Crou­camp se reg om te sê wat hy sê – so­lank hy nie haat­spraak be­oe­fen nie.

Net so­veel reg as die men­se wat teen sy uit­la­tings pro­tes­teer.

Wat my eg­ter pla, is dat hy (as a­ka­de­mi­kus) so ag­gres­sief on­ge­nu­an­seerd in sy de­bat­styl is:

S­preek­woor­de­lik maak hy (a) nie ’n moord­kuil van sy hart nie; (b) hy plaas nie ’n wag voor sy mond nie; en (c) hy sit, by wy­se van spre­ke, nie ’n (kop)doek op sy ge­dag­tes nie. In e­ni­ge kom­bi­na­sie en per­mu­ta­sie is (a), (b) en (c) nie goeie ge­spreks­kno­pers nie.

Dit maak van jou ’n ver­ba­le boe­lie wat deur in­ti­mi­da­sie wil tri­om­feer. Dit is al­ler­mins die soort voor­beeld wat jy van ’n do­sent ver­wag.

Met sy stel­lings oor God en Je­sus se brein­dood pro­beer Crou­camp aan­sluit (maar op­per­vlak­kig so) by ’n baie ou de­bat: Die “dood van God” soos dit in die fi­lo­soof F­rie­drich Niet­zsche (1844-1900) se werk be­slag ge­kry het, en steeds in die ge­re­spek­teer­de “Dood-van-God-te­o­lo­gie­se-be­we­ging” en “chris­te­li­ke a­te­ïs­me” voort­ge­sit word.

In sy boek Al­so sprach Za­rat­hus­tra laat Niet­zsche ’n “mal mens” met ’n lan­tern deur die stra­te hard­loop en uit­roep: “Ek soek God! Ek soek God!”

Men­se vind dit ver­maak­lik en nie­mand neem hom erns­tig op nie. Par­ty sê “God is met ’n see­va­kan­sie, hy het sy pad soos ’n klein kind­jie ver­loor; mis­kien is hy bang vir ons en kruip weg”.

Die men­se ska­ter van die lag en dan gooi die “mal man” sy lan­tern stuk­kend teen die grond en roep uit: “God is dood, en ons het hom dood­ge­maak, ek en jy.”

Wat Niet­zsche daar­mee, en met ver­wan­te uit­spra­ke be­doel, is vat­baar vir ver­skil­len­de ver­tol­kings. Wat se­ker is, is dat hy nie ge­dink God hét be­staan en is toe dood nie.

Ons het net nie die i­dee van ’n God meer no­dig nie, on­der meer om­dat baie Chris­te­ne ge­neig is om God vir hul­self toe te ei­en as ’n soort pri­va­te be­sit­ting. Só word die be­grip “God” leeg en be­lag­lik.

Die te­o­loog dr. Jo­han Cil­liers se s­tu­die oor ra­di­o­p­re­ke in Suid-A­fri­ka, “Die uit­wis­sing van God op die kan­sel”, het juis dié nei­ging aan­ge­toon. En van­dag duur dit plek-plek in ge­meen­tes voort met “God” as “die God van be­le­ër­de A­fri­ka­ners”.

As dít is wat Crou­camp be­doel het, sou hy ’n be­lang­ri­ke de­bat aan­ge­voor het.

Hy het eg­ter bloot sy per­soon­li­ke dog­ma woe­dend ver­kon­dig en daar­uit kan geen be­te­ke­nis­vol­le ge­sprek kom nie.

Dit maak van jou ’n ver­ba­le boe­lie wat deur in­ti­mi­da­sie wil tri­om­feer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.