Sterk Mots­hek­ga se han­de om Sa­dou te knak

Beeld - - Kommentaar -

An­gie Mots­hek­ga, mi­nis­ter van ba­sie­se on­der­wys, ver­dien Suid-A­fri­ka­ners se vol­le steun as sy die on­der­wys­vak­bond Sa­dou se mag wil breek.

In ’n on­der­soek ver­slag wat sy ge­las het en wat nou aan die me­dia laat uit­lek is, word ver­doe­men­de be­vin­dings teen Sa­dou ge­maak. Dit sluit in dat die prak­tyk om on­der­wys­pos­te te ver­koop veel wy­er strek as wat aan­vank­lik ge­meen is, en dat Sa­dou se mag in die on­der­wys­stel­sel ge­vaar­li­ke af­me­tings aan­ge­neem het. Dié ver­slag, wat Sa­dou nou op voor­spel­ba­re wy­se pro­beer dwars­boom, bied Mots­hek­ga wel­ko­me am­mu­ni­sie na­dat sy al vroe­ër van­jaar ’n skoot oor die boeg van die vak­bond ge­skiet het toe sy op ’n on­der wys­lek­got­la er­ken het de­le van die on­der­wys­stel­sel is ’n “na­si­o­na­le ramp”. Sy het on­der wys­vak­bon­de tóé die le­vie­te voor­ge­lees, en haar op­drag was dat hoof­de van on­derp reste­ren­de sko­le on­mid­del­lik vas­ge­vat moet word.

Dit is hoog tyd dat ’n streep in die sand voor Sa­dou ge­trek word. Dié vak­bond dwars­boom deur­lo­pend e­ni­ge po­ging om hoof­de vir die pres­ta­sie van hul sko­le ver­ant­woor­de­lik te hou. Hy be­dryf hoogs ver­woes­ten­de sta­kings en skop vas teen maat­re­ëls om gro­ter dis­si­pli­ne in die on­der­wys­korps te ves­tig én teen ge­hal­te­be­heer deur in­spek­teurs.

Om Sa­dou se po­li­tie­ke mag te breek, het Mots­hek­ga eg­ter be­dui­den­de steun uit Lut­hu­li­huis no­dig. Is daar die po­li­tie­ke wil om dié steun te gee met ’n ver­kie­sing op han­de en ’n pre­si­dent wat hom op wan­ke­le po­li­tie­ke ter­rein be­vind?

Bes moont­lik nie, want die pre­si­dent (en sy bin­ne­kring in die ANC) is ten eer­ste op ei­e­be­lang en self­be­houd in­ge­stel, eer­der as op die toe­koms van Suid-A­fri­ka en die jeug. Die uur­glas vir die re­ge­ring het eg­ter lank­al leeg­ge­loop om ’n be­hoor­li­ke op­brengs op die e­nor­me on­der­wys be­gro­ting te kry. Feit­lik el­ke an­der pro­bleem in Suid-A­fri­ka hou met die suk­ke­len­de on­der­wys­stel­sel ver­band.

Mots­hek­ga se han­de moet dus nou deur die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing ge­sterk word om haar plan­ne deur­ge­voer te kry. Die vraag wat dít op­per, is of die ho­we nie ge­na­der moet word nie. Dit is im­mers ’n gan­se ge­ne­ra­sie se grond­wet­li­ke reg op ’n doel­tref­fen­de on­der­wys­stel­sel in Suid-A­fri­ka wat Sa­dou nou te lank dwars­boom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.