Daar is hulp vir toe­ris­te in Mo­sam­biek

Beeld - - Kommentaar - Dirk Fou­rie van Mo­sam­biek skryf:

Ek ver­wys na Piet Gro­bler se brief “Bly weg uit Mo­sam­biek”, ( Beeld, 12 Mei).

Dit is bit­ter jam­mer dat toe­ris­te so uit­ge­son­der en han­teer word. My in­ni­ge mee­ge­voel. Ons het die pro­ble­me lank­al op­ge­merk en die D­ri­veMoz-groep op Facebook ge­stig juis om se­ker te maak be­soe­kers weet wat van hul­le ver­wag word in ’n vreem­de land.

D­ri­veMoz het reeds am­per 15 000 le­de wat me­kaar help en raad gee oor e­nig­iets, van pap wie­le, on­klaar mo­tors tot po­li­sie op­tre­des en on­ge­luk­ke.

Die land se pad­wet­te, hoe om die vorms in te vul by die grens, hoe om jou Mo­sam­biek­se SIM-kaart in te stel, be­no­digd­he­de in die mo­tor, die toe­ge- la­te boe­tes vir oor­tre­dings, nu­we roe­tes en kort­paaie is al­les gra­tis be­skik­baar vir D­ri­veMoz-le­de by “Fi­les” op die Fa­ce­book­blad.

Die Zel­lo-groep en Te­le­gram-groep van D­ri­veMoz-le­de is be­son­der ge­wild. Dit is am­per soos bur­ger­band op jou sel­foon, slegs vir le­de.

Ver­der is daar baie suk­ses­ver­ha­le, baie, baie meer as die en­ke­le ne­ga­tie­we sto­ries.

Men­se kan hul­le ver­ge­wis van hoe die men­se Mo­sam­biek ge­niet en hul sorg­lo­se rei­se, as­ook lees oor al die po­si­tie­we werk wat die toe­ris­me or­ga­ni­sa­sies en men­se op so­si­a­le me­dia doen.

’n Mens kan D­ri­veMoz­zers dees­dae o­ral sien. Kyk uit vir hul plak­kers in die k­leu­re van die Mo­sam­biek­se vlag ag­ter­op voer­tuie.

Ons het ook ’n gel­din sa­me­lings­ak­sie be­gin en oor­han­dig Vry­dag ’n groot sken­king aan die Mo­sam­biek­se po­li­sie-lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie by die mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke se kan­toor in Ma­pu­to.

D­ri­veMoz is be­sig om die pro­ble­me wat toe­ris­me on­der­vind op die hoog­ste vlak on­der die aan­dag van die re­ge­ring te bring.

Ver­der bied ons met ons lief­da­dig­heid en steun ook ’n hand van vriend­skap en sa­me­wer­king aan die Mo­sam­biek­se re­ge­ring en po­li­sie­mag, met ver­wag­te po­si­tie­we re­sul­ta­te vir toe­ris­te.

Kort­om, Mo­sam­biek is baie lek­ker en daar is hulp in ver­skeie vor­me be­skik­baar, on­der meer D­ri­veMoz.

Sien jou in Mo­sam­biek – moe­nie bang wees nie, daar is hulp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.