In ’n vreem­de sa­me­le­wing lei die vreem­des

Beeld - - Middelblad - Jaco S­try­dom

‘Hy het van sy kop af ge­raak!” Nee, dis nie ’n ma wat oor haar tie­ner kla of ’n uit­spraak oor ’n po­li­ti­kus nie, dit is wat Je­sus se eie fa­mi­lie oor Hom te sê ge­had het – in Mar­kus 6:21.

Die Fa­ri­se­ërs en skrif­ge­leer­des het dit nog kras­ser ge­stel. Hul­le was van me­ning dat hy be­se­te was. Op ’n an­der plek noem hul­le hom ’n vraat en ’n wyn­sui­per.

Je­sus het vreem­de din­ge ge­doen, vreem­de din­ge ge­sê en op vreem­de plek­ke uit­ge­hang. So­veel so dat die men­se van sy tyd, ver­al die gods­diens­ti­ge lei­ers, be­gin dink het daar is iets erns­tig fout met hom.

Ek het al baie hier­oor ge­won­der. Sê nou daar sou ’n wê­reld wees waar al­mal doof is en op ’n dag kan een ou skie­lik hoor.

Kan­se is goed dat die an­der sal sê die ou is mal. Hy doen vreem­de goed – gaan staan by­voor­beeld stil om na die vo­ël­tjies te luis­ter.

Of sê nou daar is ’n wê­reld waar al­mal blind is en een ou kan skie­lik sien.

Die an­der sal dink die ou het sy kop ver­loor as hy be­gin praat van lig en don­ker en die k­leu­re van die sonsopkoms.

Of sê nou daar is ’n wê­reld waar nie­mand kan ruik nie (sê dis ’n mans­kos­huis) en een ou kan skie­lik ruik . . .

As die wê­reld be­sig is om al mal­ler te word, is die kan­se goed dat dié wat dit raak­sien en uit­wys, as die mal­les be­skou sal word.

“It is no me­a­su­re of he­alth to be well ad­jus­ted to a pro­found­ly sick so­cie­ty,” sê Jid­du K­rish­na­mur­ti.

En, let’s fa­ce it, ons sa­me­le­wing is nie lek­ker nie.

Ons be­soe­del die lug wat ons self weer moet in­a­sem, pie­pie in ons eie drink­wa­ter. Ons is mags­be­hep, ver­slaaf aan geld en ge­raas en ge­weld.

Kyk hoe baie Suid-A­fri­ka­ners on­der­steun steeds vir Ja­cob Zu­ma (en het des­tyds vir die NP ge­stem) en hoe­veel A­me­ri­ka­ners stem vir Do­nald Trump – en kyk hoe ge­wild is die Kar­dashi­ans!

Die mens­dom is be­sig om al hoe mal­ler te raak. Cra­zy is die nu­we swart.

Al­ler­han­de re­ëls met straw­we is no­dig om ons teen ons­self te be­skerm: om vei­lig heids­gor­dels te dra, nie te vin­nig te ry nie, nie te drink en be­stuur nie, nie te veel hoes­me­di­sy­ne te koop nie, nie uit jou kar uit te klim in die wildtuin nie, nie aan hoog­span­ning s dra­de te vat nie, nie jou eie kin­ders se skool af te brand nie . . . Is daar e­ni­ge an­der we­se op aar­de wat meer self-de­structi­ve is?

Om een­vou­dig te le­we, lief te hê en lig te reis, is van­dag “vreemd”.

Om meer by­me­kaar te maak as wat jy ooit no­dig sal hê, om vy­an­dig­heid met haat en ge­weld te be­ant­woord, om self­ge­sen­treerd te le­we is nie net aan­vaar­baar nie, maar selfs be­won­de­rens­waar­dig.

Die groot druk is om be­ter en be­ter te lyk eer­der as om be­ter te word. Cra­zy! As ie­mand die din­ge sou doen waar­voor Je­sus des­tyds ge­staan het, sal men­se dalk van­dag nog meer uit­f­re­ak as toe – ver­al gods­diens­ti­ge men­se.

Ab­nor­ma­le ge­drag is no­dig in ’n wê­reld waar nor­maal is wat dit van­dag is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.