2de plek sal B­lits­bok­ke ’n be­ter lo­ting vir S­pe­le gee

Beeld - - Sport -

Kaap­stad. – ’n Ti­tel­se­ge in die laas­te toer­nooi van Wê­reld­rug­by se se­wes­reeks in Lon­den kan vol­gens die se­wes­ve­te­raan Chris Dry ’n suk­ses van die B­lits­bok­ke se sei­soen maak.

Suid­A­fri­ka kon in die 2015­’ 16­sei­soen net die Kaap­stad­toer­nooi wen. Die span het eind­stry­de in Wel­ling­ton en Van­cou­ver ver­loor en der­de plek­ke in Sydney, Las Ve­gas, Hong­kong en Sin­ga­poer be­haal.

Dit het die span ge­help tot die t­wee­de plek op die Wê­reld­reeks se pun­te­lys, met 152 pun­te.

Fidji (166) moet die na­week net ’n plek in die Lon­den­toer­nooi se kwart­eind­ron­de be­spreek om weer as Wê­reld­reeks­kam­pi­oen ge­kroon te word.

Die t­wee­de plek is waar die B­lit­se wil bly wan­neer die Lon­den­toer­nooi Son­dag ten ein­de loop. Hul­le sal dan saam met Fidji van ’n guns­ti­ge lo­ting ver­se­ker wees wan­neer die drie groe­pe vir die O­lim­pie­se S­pe­le se se­westoer­nooi in Rio de Ja­nei­ro aan­ge­kon­dig word.

Suid­A­fri­ka wil die der­de plek – wat tans deur Ni­euSee­land (145 pun­te) be­klee word – ver­my, want dit kan be­te­ken dat hy taai­er teen­stand in sy O­lim­pie­se groep moet klop om die uit­speel­ron­des te haal en die goue me­dal­je in Rio te ver­o­wer. Die B­lits­bok­ke speel in Lon­den in Groep A teen Ka­na­da, die VSA en Sa­moa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.