SA sweet teen Ma­ties

Har­de werk wag op Da­wie se man­ne

Beeld - - Sport - Fran­cois de Wet

S­tel­len­bosch. – Daar lê som­mer nog baie har­de werk vir die Suid-A­fri­kaan­se o.20-rug­by­span voor as hy aan­staan­de maand ’n aan­spraak­ma­ker op die wê­reld­ti­tel in die o.20-Wê­reld­toer­nooi in Man­ches­ter, En­ge­land, wil wees.

Die Jong Bok­kies moes gis­ter hard sweet om ’n saam­ge­flans­te Ma­tie-span hier in ’n oe­fen­wed­stryd met 41-14 te klop.

Dit was hul t­wee­de oe­fen­wed­stryd. Hul­le het ver­le­de Vry­dag ’n ge­kom­bi­neer­de o.19- en o.20span van die Goue Leeus met 60-19 ge­klop.

Gis­ter se eind­tel­ling vlei die na­si­o­na­le span so ’n bie­tjie. Hy kon nooit reg­tig die oor­hand oor die tuis­span kry nie.

Ha­wies Fou­rie, Ma­ties-brei­er, het ver­skeie ver­an­de­rin­ge aan sy span ge­maak, wat die af­ge­lo­pe na­week nog in ’n klub­wed­stryd teen Sir Lo­wri­ans ge­speel het.

Daar is ver­wag dat die Jong Bok­kies ’n gro­ter tel­ling sou aan­te­ken, maar hul­le kon net nie hul wed­stryd­plan seep­glad uit­voer nie.

Da­wie T­heron, die Bok­kies se af­rig­ter, was baie na­by daar­aan om sy ha­re uit sy kop te pluk oor die tal­le han­teer­fou­te wat sy span be­gaan het.

Die Ma­ties het ook by die af­breek­pun­te die Bok­kies se be­sit om­ge­keer.

Een ding waar­van T­heron baie het, is spe­lers met die X-fak­tor. Dit het aan die ein­de van die dag die Bok­kies se bas ge­red, toe dit ge­lyk het as­of die Ma­tie­se se t­wee­de bes­tes dalk net ’n op­skud­ding le­wer.

Cur­win Bosch se skop­voet het die Bok­kies se neu­se ook reg­deur voor­ge­hou.

Bosch het met drie straf­doe­le, twee doel­skop­pe en ’n s­kep­doel ge­slaag.

Die dam­wal het in die laas­te 10 mi­nu­te be­hoor­lik ge­breek met die Jong Bok­kies wat drie drieë gaan druk het. ) Jong Bok­kies 41: Drieë: S’bu­si­so N­ko­si, JT Jack­son, Ja­mes Hall, Ju­ni­or Po­ko­me­la, Fran­co Nau­de. Doel­skop­pe: Cur­win Bosch (2). Straf­doe­le: Bosch (3). S­kep­doel: Bosch. Ma­ties 14: Drieë: Jus­tin Benn, Al­tus Mom­sen. Doel­skop­pe: Ti­aan S­wa­ne­poel (2),

Fo­to: GALLO IMAGES

Manie Lib­bok soek ’n ga­ping in die Suid­A­fri­kaan­se o.20­rug­by­span se vriend­skap­li­ke wed­stryd gis­ter teen die Ma­ties in die Da­nie Cra­ven­sta­di­on in S­tel­len­bosch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.