Klopp: Ons ge­loof is ons krag

Beeld - - Sport -

Lon­den. – J­ü­r­gen Klopp, Li­ver­pool se af­rig­ter, glo sy span kan Se­vil­la se hou­vas op die tro­fee breek in van­aand se eind­stryd van die Eu­ro­pe­se Li­ga in Ba­sel, S­wit­ser­land.

Se­vil­la poog om dié sok­ker­tro­fee vir die der­de jaar ag­ter­een­vol­gens te wen, maar Klopp glo sy span kan die S­pan­jaar­de ore aan­sit.

Klopp het net voor sy span se ver­trek na S­wit­ser­land ge­sê: “As jy er­va­re is, be­te­ken dit nie nood­wen­dig jy het ’n voor­deel nie. Dit is net een as­pek van die spel en dit is in die wed­stryd self wat jy jou stem­pel moet af­druk.

“Ek dink nie een span het nood­wen­dig die voor­deel nie. Al het jy dit ver­le­de jaar ge- wen, wat be­te­ken dit reg­tig? As jy dit twee jaar ge­le­de ge­wen het, wat be­te­ken dit?

“Eint­lik niks, want hier­die is ’n heel­te­mal an­der wed­stryd.

“Ons het nie ver­le­de jaar teen hul­le in die eind­stryd ge­speel nie en ook nie twee jaar ge­le­de nie. Hier­die is die eer­ste keer wat hul­le teen ons speel.

“Ek dink ons is tans an­ders as an­der span­ne. Dit is wat ons sal ge­bruik om suk­ses­vol te wees.”

Dié Duit­se tak­ti­kus het sy spe­lers aan­ge­moe­dig om in hul­self te glo na­dat hul­le die eind­stryd ge­haal het met oor­win­nings oor span­ne soos Man­ches­ter U­ni­ted, Bo­rus­sia Dort­mund en Vil­lar­re­al.

“Die pro­bleem met ge­loof is dat jy nooit se­ker kan wees nie. Dit is maar hoe dit is, maar vol­gens my is ons ge­loof ons krag. Ons glo in al­les rond­om hier­die span.

“Jy moet ook al­tyd ont­hou dat die an­der span die­self­de doel­wit as jy het. Ons be­sef dit. Ons sal voor­dat ons op­draf 100% glo in die krag wat ons uit­straal,” het Klopp ge­sê.

“Dit is be­lang­rik dat ons ge­fo­kus bly in die aan­loop tot die eind­stryd. Ons moet die reg­te at­mos­feer skep. Ek weet al­mal is op­ge­won­de oor die eind­stryd en die ge­leent­heid om daar­in te speel.”

Klopp kan in die voet­spo­re volg van Bill S­hank­ly, Bob Pais­ley en Gérard Houl­lier as wen­ners van die Eu­ro­pe­se Li­ga (voor­heen die Uefa-be­ker) ná hul suk­ses­se in 1973, 1976 en 2003.

’n Oor­win­ning vir Li­ver­pool sal be­te­ken die Reds kwa­li­fi- seer vir vol­gen­de sei­soen se Kam­pi­oe­ne­li­ga, on­danks die feit dat hul­le agt­ste ge­ëin­dig het in die En­gel­se Pre­mier­liga.

Fo­to: REU­TERS

J­ü­r­gen Klopp en sy Li­ver­pool­span wil ’n te­leur­stel­len­de sok­ker­sei­soen om­skep in wel­slae deur vir vol­gen­de jaar se Kam­pi­oe­ne­li­ga te kwa­li­fi­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.