Faf gaan Pa­tri­ots lei

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Bloem­fon­tein. – Die Pro­te­as se T20-kap­tein, Faf du P­les­sis, sal die St. Kitts & Ne­vis Pa­tri­ots in die Ka­ri­bie­se Pre­mier­liga (CPL) aan­voer.

Du P­les­sis is een van ’n paar Pro­te­as wat ná die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks teen die Wes-In­die­se Ei­lan­de en Aus­tra­lië op die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de sal aan­bly vir van­jaar se vier­de CPL-toer­nooi.

Of­skoon Du P­les­sis (31) in sy vyf jaar as Pro­tea-s­pe­ler al feit­lik o­ral in die wê­reld, gaan hy die Ka­ri­bie­se Ei­lan­de vol­gen­de maand saam met die Pro­te­as en daar­na in die CPL die eer­ste keer er­vaar.

Hy be­skou die CPL, wat van 29 Ju­nie tot 7 Au­gus­tus ge­hou word, daar­om as ’n “vol­gen­de hoof­stuk” in sy loop­baan.

“Die kom­pe­ti­sie gaan, met heel­wat top­spe­lers on­der die ses span­ne, van­jaar van krag tot krag gaan.

“Ek voel vars ná my vin­ger­be­se­ring en reg om eers vir die Pro­te­as en daar­na vir die Pa­tri­ots ’n po­si­tie­we by­drae te pro­beer le­wer.”

Du P­les­sis se deel­na­me aan die In­die­se Pre­mier­liga is vroe­ër deur ’n vin­ger­be­se­ring kort­ge­knip.

Hy het ’n o­pe­ra­sie in Kaap­stad on­der­gaan en is tans saam met sy vrou met va­kan­sie in A­me­ri­ka.

Twee van die ster­re van ver­le­de maand se se­ë­vie­ren­de Win­dies in die T20-Wê­reld­toer­nooi in In­dië, die kol­wer Lendl Sim­mons en die draai­er Sa­mu­el Ba­dree, speel saam met Du P­les­sis vir die Pa­tri­ots.

Ba­dree en Du P­les­sis was ook span­maats by die C­hen­nai Su­per Kings in die IPL.

Jon-Jon S­muts en Ta­braiz S­ham­si (al­bei van Suid-A­fri­ka), Brad Hod­ge (Aus­tra­lië) en T­hi­s­a­ra Pe­re­ra (Sri Lan­ka) speel ook vir dié fran­chi­se.

Fo­to: GALLO IMAGES

Faf du P­les­sis voel vars ná sy vin­ger­be­se­ring en reg om eers vir die Pro­te­as en daar­na vir die Pa­tri­ots in die Ka­ri­bie­se Pre­mier­liga se CPL­reeks ’n groot by­drae te pro­beer le­wer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.