De Jongh sal Bul­le nie pak

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – In ’n week waar hul­le na ver­wag­ting teen ’n in­druk­wek­ken­de sen­ter­paar van Jan Ser­fon­tein en Jes­se K­riel te staan kom, is Ju­an de Jongh die laas­te s­pe­ler wat die S­tor­mers wou ver­loor.

Nie­te­min moes die Ka­pe­naars se af­rig­ter, Rob­bie F­leck, Dins­dag daar­mee vre­de ge­maak dat hy nie sy mees er­va­re ag­ter­spe­ler be­skik­baar sal hê nie vir Sa­ter­dag­aand se Su­per­rug­by-wed­stryd teen die Bul­le op Lof­tus.

De Jongh suk­kel met ’n dy­spier-be­se­ring.

F­leck sal tus­sen John­ny Kot­ze en Huw Jo­nes moet kies as Da­mi­an de Al­len­de se sen­ter­maat.

Ter­wyl De Jongh en die vas­kop­stut Frans Mal­her­be amp­te­lik me­de-kap­teins is, het F­leck vir al­le prak­tie­se doel­ein­des sy kap­tein ver­loor.

De Jongh is die een wat voor draf en die laas­te sê het. Mal­her­be sal nou die span aan­voer met De Al­len­de wat waar­skyn­lik ag­ter­langs lei­ding moet gee.

De Al­len­de was nog al­ler­mins op sy bes­te se­dert sy her­stel van ’n en­kel­be­se­ring en die S­tor­mers se ag­ter­lyn lyk skie­lik on­er­va­re en broos. Min­stens sal hul­le ’n spe­si­a­lis-vleu­el in Le­o­lin Zas te­rug­kry na­dat hy ge­skors was vir die af­ge­lo­pe na­week se wed­stryd teen die Sun­wol­ves.

Die S­tor­mers sal hier­die stryd waar­skyn­lik voor wil uit­ba­klei met die Bok-slot E­ben Et­ze­beth wat sy te­rug­keer gaan maak na­dat hy van ’n kuit­be­se­ring her­stel het.

F­leck het be­ves­tig dat die los­kop­stut JC Jan­se van Rens­burg vir 12 we­ke uit sal wees met die knie­be­se­ring wat hy teen die Sun­wol­ves op­ge­doen het.

F­leck is gis­ter ook ge­pols oor die moont­lik­heid om C­heslin Kol­be van heel­ag­ter na skrum­ska­kel te skuif.

F­leck twy­fel nie dat Kol­be op ’n hoë vlak die fy­ner kun­sies van skrum­ska­kel­spel on­der die knie sal kan kry nie, maar hy is nie van plan om hom in van­jaar se Su­per­rug­by-reeks daar te kies nie. “C­heslin is die S­tor­mers se bes­te heel­ag­ter en ek dink hy kan op toets­vlak daar speel. Al­lis­ter Coet­zee (die S­pring­bok-af­rig­ter) ken sy ver­mo­ëns en dit sal nie ver­baas as hy hom be­trek nie,” het F­leck gis­ter ge­sê.

“Hy het die na­tuur­li­ke ver­mo­ëns om op in­ter­na­si­o­na­le vlak skrum­ska­kel te speel, maar dit sal be­te­ken hy móét ge­reeld vir die S­tor­mers dáár speel,” het F­leck ge­sê.

“C­heslin het oor die na­week om ’n los­skrum bres­se ge­slaan en duik ge­reeld in al­ge­me­ne spel daar op.”

F­leck het ook be­na­druk dat ’n s­pe­ler nie oor­nag kan leer om skrum­ska­kel te speel nie.

“Daar is baie fy­ner kun­sies aan skrum­ska­kel-spel. Dit sal ui­ters moei­lik wees vir hom om só ’n skuif te maak. Ons het hom in elk ge­val op heel­ag­ter no­dig.”

Hy ver­werp ook die sie­ning dat Kol­be nie die fi­sie­ke teen­woor­dig­heid het nie om op die hoog­ste vlak te kan heel­ag­ter speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.