Té veel kok­ke in Bok­ke se kom­buis?

Proud­foot, Van Graan help voor

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Daar is ’n ou ge­seg­de wat lui te veel kok­ke be­derf die bry, maar die S­pring­bo­ka frig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, meen daar is plek vir Mat­thew Proud­foot én Jo­hann van Graan in sy span­be­stuur.

Van Graan is se­dert 2012 die Bok­ke se voor­spe­ler-af­rig­ter en hy het ver­le­de jaar ’n nu­we kon­trak on­der­te­ken toe ’n ver­len­ging vir die vo­ri­ge Bok­brei­er, Hey­ne­ke Mey­er, ook in die voor­uit­sig ge­stel is.

Die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se hoof­raad was eg­ter daar­teen ge­kant dat Mey­er aan­bly, met die ge­volg dat sy op­vol­ger nie ’n an­der keu­se ge­had het nie as om Van Graan aan boord te neem.

Proud­foot (44), ’n ver­trou­e­ling van Coet­zee wat et­li­ke sei­soe­ne by die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, S­tor­mers en Ja­pan se Ko­be Ko­bel­co S­tee­lers saam met hom ge­werk het, is gis­ter amp­te­lik as ’n hulp­af­rig­ter be­ves­tig.

Daar is reeds ver­le­de maand be­rig Proud­foot sal in die Bok­ke se span­be­stuur in­ge­sluit word. Hy moes eg­ter eers deur sy Ja­pan­se klub vry­ge­stel word.

Lui­dens ’n ver­kla­ring deur Sa­ru gis­ter sal Proud­foot se ver­ant­woor­de­lik­he­de skrum­werk, die af­breek­pun­te en al­le as­pek­te rond­om kon­ta­k­a­re­as be­hels.

Van Graan se ver­ant­woor­de­lik­he­de by die Bok­ke is lyn­sta­ne en aan­val­len­de spel.

Pie­ter de Vil­liers, voor­ma­li­ge Franse stut en lid van Sa­ru se mo­bie­le af­rig­tings een­heid, bly be­skik­baar as skrum­kon­sul­tant.

Proud­foot het hom in 2008 by die WP aan­ge­sluit en met die ver­loop van tyd Coet­zee se hooflui­te­nant by die S­treep­truie en S­tor­mers ge­word.

Ter­wyl die in­de­ling van die Bok­be­stuur se plig­te ’n ge­spreks­punt sal wees, kan ’n sterk saak vir Proud­foot uit­ge­maak word. Hy is ten min­ste ’n hulp­af­rig­ter met wie Coet­zee ge­mak­lik is.

Hul­le het ’n ver­hou­ding oor et­li­ke sei­soe­ne op­ge­bou en dit is maar nou een maal so dat el­ke af­rig­ter sy eie ad­ju­dan­te wil kies.

Daar was aan­vank­lik in Sa­ru-ge­le­de­re teen­kan­ting teen die ver­soek om Proud­foot aan te stel. Dié oud­stut ver­dien ook lof vir die S­tor­mers se ver- woesten­de skrum­werk in ver­le­de jaar se Su­per­rug­by-reeks.

“Ek het baie ag­ting vir Matt se ver­moë om ’n sterk pak te bou én sy fi­lo­so­fie oor rug­by,” het Coet­zee gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Hy sal baie waar­de tot ons span­be­stuur toe­voeg en die an­der af­rig­ters sien daar­na uit om met hom saam te werk.”

Proud­foot het ge­sê hy is “baie dank­baar” dat die Ko­be Ko­bel­co S­tee­lers be­reid was om hom vry te stel om by die Bok­ke te kan aan­sluit.

“Die Bok­ke is aan die be­gin van ’n nu­we era on­der Al­lis­ter en ek is baie op­ge­won­de en dank­baar vir hier­die ge­leent­heid.

“Dis ’n ys­li­ke eer om deel van die Bok­span­be­stuur te wees,” het hy by­ge­voeg.

Coet­zee, Proud­foot en an­der le­de van die Bok­be­stuur is be­sig met be­soe­ke aan plaas­li­ke Su­per­rug by­span­ne ter voor­be­rei­ding van die aan­kon­di­ging van die Bok-groep vir aan­staan­de maand se toet­se teen Ier­land.

Die S­pring­bok­ke trek op 29 Mei in S­tel­len­bosch saam om voor te be­rei vir die toet­se in Kaap­stad (11 Ju­nie), Jo­han­nes­burg (18 Ju­nie) en Port E­li­za­beth (25 Ju­nie).

Fo­to: GALLO IMAGES

Mat­thew Proud­foot, ver­trou­e­ling van die S­pring­bok­brei­er, Al­lis­ter Coet­zee, is as nog een van sy voor­spe­ler­af­rig­ters be­ves­tig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.