Wil­lie te­ken glo kon­trak in En­ge­land

Beeld - - Sport - Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Die flam­bo­jan­te Wil­lie le Roux is glo die jong­ste groot naam wat ver­lo­re is vir SuidA­fri­kaan­se rug­by.

Lui­dens be­rig­te uit B­rit­tan­je wil die En­gel­se span Was­ps sy slaan­krag in Eu­ro­pe­se reek­se ver­der ver­sterk deur dié S­pring­bok­heel­ag­ter te werf.

Le Roux, een van die aan­wins­te waar­mee die Haaie werk­lik in van­jaar se Su­per­rug­by­reeks kon spog, het na be­we­ring reeds ’n kon­trak on­der­te­ken.

Dai Young, die Was­ps se di­rek­teur van rug­by, het die laas­te paar we­ke on­be­skaamd er­ken hy wil hê sy klub moet een van die sterk­stes op die vas­te­land word.

Hy is juis be­moe­dig deur sy span se be­lo­wen­de ver­to­nings­lys die af­ge­lo­pe sei­soen.

Was­ps het die half­eind­ron­de van die Eu­ro­pe­se Kam­pi­oe­ne­be­ker ge­haal en was ook in die uit­speel­ron­de van die En­gel­se Pre­mier­liga.

Le Roux sal die der­de voor­aan­staan­de s­pe­ler wees wat Was­ps werf na­dat Aus­tra­lië se Kurt­ley Be­a­le ver­le­de week die bes be­taal­de s­pe­ler in En­gel­se rug­by ge­word het.

Dié veel­sy­di­ge staat­ma­ker van die Wa­ra­tahs en Wal­la­bies het ’n kon­trak van £1,5 mil­joen (so­wat R32 mil­joen) oor twee jaar on­der­te­ken.

Dan­ny Ci­pri­a­ni, ’n wis­sel­val­li­ge maar op­win­den­de En­gel­se los­ska­kel, het ook aan­ge­sluit.

Le Roux sal dit be­slis ge­niet om deel te wees van ’n op­win­den­de ag­ter­ste drie­hoek wat die voor­ma­li­ge Blu­es­s­pe­ler Frank Ha­lai en die op­win­den­de En­gel­se vleu­els El­li­ot Da­ly en Chris­ti­an Wa­de in­sluit.

Wil­lie le Roux

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.