N1 ge­sluit om brug te sloop

Om­paaie dui­de­lik ge­merk

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Syl­via van Zyl in al­bei rig­tings Gra­fi­ka van om­pad op bl. 2.

Die N1-hoof­weg tus­sen die Ri­gel­laan- en die R21-af­rit sal van Sa­ter­dag­aand 21:00 tot Son­dag­og­gend 09:00 in al­bei rig­tings ge­sluit wees.

Die Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Pa­da­gent­skap (San­ral) het pas aan­ge­kon­dig dat die Eras­mus­rand-voet­gan­ger­brug, wat tus­sen dié twee af­rit­te ge­leë is, dié na­week ge­sloop gaan word.

Die voet­gan­ger­brug na­by die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof word ver­al deur leer­lin­ge van die skool ge­bruik. Die brug het ver­le­de jaar ge­knak en ge­kan­tel na­dat ’n vrag­mo­tor in een van die steun­pi­la­re vas­ge­ry het.

Ver­skeie be­kom­mer­de mo­to­ris­te het Tshwa­ne-Beeld die laas­te paar maan­de ge­kon­tak met vre­se dat die brug in­me­kaar gaan tui­mel. San­ral het eg­ter deur­lo­pend die ver­se­ke­ring ge­gee dat die brug struk­tu­reel vei­lig is.

Vol­gens Alan A­gai­enz, San­ral se pro­jek­be­stuur­der, het die pa­da­gent­skap die bes­te, vei­lig­ste en vin­nig­ste slo­pings­me­to­de ge­kies om die im­pak wat die slui­ting van die hoof­weg op mo­to­ris­te gaan hê, te be­perk.

“Ons ver­soek dat mo­to­ris­te en Kry jou S­ko­le­nuus­Beeld van­dag! in­wo­ners wat na­by aan die brug bly, vir die tyd­perk van die slui­ting ge­dul­dig met San­ral sal wees en nie op hol sal gaan as hul­le plof­ge­lui­de by die slo­pings­ter­rein hoor nie.

“Ons het ’n ui­ters pro­fes­si­o­ne­le kon­trak­teur aan­ge­stel wat al tal­le soort­ge­ly­ke slo­pings­pro­jek­te uit­ge­voer het en ons ver­trou dat dié in­ge­wik­kel­de pro­jek vei­lig en suk­ses­vol af­ge­han­del sal word.

“Die he­le pro­jek is met pre­si­sie tot in die fyn­ste be­son­der­he­de deur ’n span in­ge­ni­eurs be­plan om al­mal se vei­lig­heid te ver­se­ker,” sê hy.

Mo­to­ris­te en ver­al vrag­mo­tor­be­stuur­ders word ver­soek om van al­ter­na­tie­we roe­tes soos die R21 en die N14-hoof­weg ge­bruik

Die ge­meen­skap was be­kom­merd oor die toe­stand van die brug.

te maak in die tyd dat die pad ge­sluit is.

Vol­gens San­ral sal ver­keer van die N1 her­lei word na die R21, So­lo­mon Mahlangu­ry­laan (M10) en die Del­mas­pad (R50)/ Ri­gel­laan (M9).

“Daar sal dui­de­li­ke ken­nis­ge­wings aan­ge­bring word om die om­pad aan te dui,” sê A­gai­enz.

Hy het vroe­ër aan Tshwa­neBeeld ge­sê dat ’n nu­we voet­gan­ger­brug ont­werp gaan word en dat kon­struk­sie aan die nu­we brug teen Maart aan­staan­de jaar sal be­gin.

Vol­gens Fran­cois Bek­ker, DAraads­lid vir Eras­mus­rand, is dit ’n groot ver­lig­ting dat die brug ui­t­ein­de­lik ge­sloop gaan word.

“Die ge­meen­skap was be­kom­merd oor die toe­stand van die brug en ek dink al­mal gaan nou vei­li­ger voel.

“’n Mens weet dat pro­jek­te soos hier­die tyd neem, maar ek hoop dat als spoe­dig af­ge­han­del sal word. Men­se moet ge­duld hê met die si­tu­a­sie,” sê Bek­ker. )

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

Die N1­hoof­weg word van Sa­ter­dag 21:00 tot Son­dag 09:00 tus­sen Ri­gel­laan­ en die R21­af­rit ge­sluit so­dat die Eras­mus­rand­voet­gan­ger­brug ge­sloop kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.