Nog par­ke­ring vir Gautrein­sta­sie

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Syl­via van Zyl

Daar is goeie nuus vir pen­de­laars wat nood­ge­dwon­ge op sy­paad­jies en in om­lig­gen­de stra­te moet stop weens ’n ge­brek aan par­ke­ring by die Gautrein-sta­sie in Cen­tu­ri­on.

Vol­gens dr. Bar­ba­ra Jen­sen, woord­voer­der van die Gautrein, het die voor­af­gaan­de werk aan die ont­werp van ’n by­ko­men­de par­keer­ter­rein by die sta­sie pas be­gin.

“Die nu­we par­keer­ter­rein be­hoort teen vroeg in aan­staan­de jaar vol­tooi te wees,” het Jen­sen ge­sê.

Dié ver­wik­ke­ling volg na­dat tal­le pen­de­laars dag ná dag hul voer­tuie on­wet­tig op on­vei­li­ge plek­ke moes par­keer en ook deur­ge­loop het on­der die Tshwa­ne­me­tro­po­li­sie wat daag­liks hier kom boe­tes uit­skryf het.

Vol­gens Ger­hard G­rey­ling, ’n pen­de­laar wat ge­reeld van die Gautrein ge­bruik maak, is die par­keer­ter­rein by die Cen­tu­ri­on-sta­sie teen 08:00 sog­gens heel­te­mal vol en moet mo­to­ris­te dan maar bui­te die sta­sie op sy­paad­jies par­keer.

“Die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie sien dit as hul plig om voer­tuie wat op die sy­paad- jies ge­par­keer is met R500 te be­boet, nie­teen­staan­de die af­we­sig­heid van e­ni­ge pad­te­kens wat par­ke­ring ver­bied, het G­rey­ling ge­sê.

“Hul­le slaan ge­reeld toe op ge­par­keer­de voer­tuie en ver­skeie mo­to­ris­te kry week ná week ’n par­keer­boe­te wat on­af­wend­baar is om­dat daar net een­vou­dig geen an­der par­keer­plek is nie.

“Die Gautrein-bus­diens be­dien ook nie al­le voor­ste­de nie en heel­wat pen­de­laars het dus geen an­der keu­se as om met voer­tuie na die sta­sie te ry nie.

G­rey­ling meen die me­tro­po­li­sie het dit selfs goed­ge­dink om mo­to­ris­te te be­boet ty­dens ver­le­de jaar se Gau­teng E­coMo­bi­li­ty-fees waar­ty­dens mo­to­ris­te juis aan­ge­moe­dig is om o­pen­ba­re ver­voer te ge­bruik.

Snr. supt. I­saac Ma­ham­ba, woord­voer­der van die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie het ge­se die feit dat daar tans nie ge­noeg par­ke­ring by die Cen­tu­ri­on-sta­sie is nie gaan hul­le nie ver­hoed om men­se wat on­wet­tig el­ders par­keer te be­boet nie.

“As ie­mand ’n straat of ’n sy­paad­jie on­wet­tig met hul voer­tuig ver­sper, het ons geen an­der keu­se as om hul­le te be­boet nie,” het hy ge­sê.

Fo­to: THEANA BREUGEM

Daar is goeie nuus vir mo­to­ris­te wat weens ’n ge­brek aan par­ke­ring by die Gautrein­sta­sie in Cen­tu­ri­on nood­ge­dwon­ge op sy­paad­jies moet par­keer en dan deur die Tshwa­ne­me­tro­pol­li­sie be­boet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.