Reik na ’n Droom trak­teer ver­ple­ërs

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za

Dit is al­les­be­hal­we ’n mak­li­ke werk. ’n Mens huil saans al­leen en sog­gens staan jy op en doen al­les weer.

An­ge­la Mo­koe­na sê ver­ple­ging is vir haar meer as net ’n be­roep. Dit is ’n roe­ping.

Sy en van haar kol­le­gas in die S­te­ve Bi­ko- en die Litt­le Com­pa­ny of Ma­ry-hos­pi­taal in P­re­to­ria is on­langs, op Ver­ple­ërs­dag, in die O­ce­an Bas­ket-re­stau­rant in die Wing­tip­win­kel­sen­trum in Mon­ta­na ge­trak­teer.

Die or­ga­ni­sa­sie Reik na ’n Droom het ’n drie­gang­maal­tyd vir so­wat 50 ver­pleeg­sters op hul af­dag ge­re­ël om dan­kie te sê vir hul on­baat­sug­tig- heid en har­de werk om kin­ders te help.

Anèl En­gel­brecht, be­mar­kings­ko­ör­di­neer­der van die P­re­to­ria-tak van Reik na ’n Droom, sê dit is deur ver­pleeg­sters se toe­doen dat hul­le die kin­ders kan ver­ras.

Bron­wyn Feld­wick-Da­vis van die or­ga­ni­sa­sie se hoof­kan­toor sê ver­pleeg­sters is wa­re steun­pi­la­re.

“In die hoof­kan­toor sien ons nie el­ke droom wat jul­le help ver­we­sen­lik nie, maar ons hoor van elk­een. Baie dan­kie! Die wê­reld het jul­le no­dig.”

Chri­sel­da K­ho­za, ’n ver­pleeg­ster in die pe­di­a­trie­se on­ko­lo­gie-een­heid van die S­te­ve Bi­ko-hos­pi­taal, sê ’n mens sal nooit sterk ge­noeg wees om dié werk te doen nie.

“Dit breek jou hart in dui­sen­de stuk­ke om vir ’n ma te sê haar kind het brein­kan­ker en niks kan ge­doen word nie.

“Jy kan nie op­gee nie. Jy mag nie. As jy hand­doek in­gooi, wat gaan daar­die kin­ders maak? Jy moet sterk wees.

“Jy kan la­ter huil, maar op daar­die oom­blik het hul­le jou no­dig en jy moet daar wees as hul­le saans ’n druk­kie en soen­tjie wil hê maar Mam­ma en Pap­pa is nie daar nie,” sê K­ho­za.

Ver­ple­ërs word jaar­liks op 12 Mei, die ver­jaar­dag van Flo­ren­ce Nig­htinga­le, die stig­ter van mo­der­ne ver­pleeg­sorg, ge­vier.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

So­wat 50 ver­pleeg­sters van die S­te­ve Bi­ko­ en die Litt­le Com­pa­ny of Ma­ry­hos­pi­taal in P­re­to­ria is on­langs ge­trak­teer om dan­kie te sê vir al hul har­de werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.