Wat woor­de en fo­to’s ons ver­tel

Beeld - - Tshwane­-Beeld -

Wat ont­hou men­se? Woor­de?

“Een klein tree­tjie vir die mens, een groot sprong vir die mens­dom.” Dit was die woor­de van Neil Arm­strong toe hy die eer­ste man ge­word het wat in 1969 ’n voet op die maan ge­sit het.

“Moe­nie vra wat die VSA vir jou kan doen nie, vra wat kan ek vir die VSA doen.” Dit was John F. Ken­ne­dy by sy in­hul­di­ging in 1961.

“Ons sal ba­klei. Ons sal nie oor­gee nie.” Win­ston C­hur­chill in 1940.

So kan jy aan­gaan. Woor­de. Woor­de wat ont­hou word. Woor­de wat men­se be­siel het of net met nos­tal­gie ver­vul het.

Maar dan word ge­sê dat ’n fo­to meer ver­tel as ’n dui­send woor­de. ’n Vlieg­tuig wat in New York in ’n to­ring­blok vas­vlieg. Cas­si­us Clay wat op Son­ny Lis­ton, teen die plan­ke, skreeu: “Ek is die bes­te!” Die Rus­sie­se lei­er Ni­ki­ta Krus­hev, wat in die VVO met sy skoen op ’n ta­fel slaan.

Daar is nog woor­de. Nog fo­to’s. Maar dit het al­les in an­der lan­de ge­beur. An­der men­se was daar­oor kwaad, bly of ver­baas. Maar hier op ons voor­stoep? As ons be­gin om net deur fo­to’s te blaai, is daar die fo­to van die lyk van die eer­ste mi­nis­ter, dr. H.F. Ver­woerd, wat by die trap­pe van die par­le­ments­ge­bou af­ge­dra word. Die fo­to het ’n sto­rie van ’n on­werk­lik­heid ver­tel.

Nog ’n fo­to van Ver­woerd het ge­skok en on­ge­loof af­ge­dwing. Dit is die fo­to waar hy met sy ge­sig in sy han­de sit. Bloed het deur sy vin­gers ge­stroom. By die Rand­se Skou is hy op kort af­stand ge­skiet.

Daar is die fo­to van ’n ju­be­len­de Nel­son Man­de­la wat by die hek­ke van die ge­van­ge­nis by Fransch­hoek uit­stap. Die fo­to het vreug­de en blyd­skap weer­spie­ël.

On­ver­geet­lik skok­kend was die fo­to’s wat ge­neem is na­dat ’n bom in Kerk­straat ont­plof het. Geen woor­de kon die bood­skap oor­bring soos wat daar­die fo­to’s dit ge­doen het nie.

S­port­fo­to’s was daar baie wat in die ge­heue in­ge­gra­veer is. Wes­sel Oost­hui­zen se fo­to van ’n vlie­ën­de F­rik du P­reez met sy vuis on­der die All Black Chris Laid­law se ka­ke­been.

Jack van der S­chyff, wat op El­lis­park met hang­skou­ers weg­draai toe ’n skop wat ’n S­pring­bok-se­ge sou be­te­ken dui­de­lik links ver­by die pa­le trek.

Maar wat ont­hou ons van wat Suid-A­fri­kaan­se lei­ers deur die ja­re ge­sê het? Jan Brand, Vry­staat­se pre­si­dent, het in moei­li­ke tye ge­sê: “Al­les sal reg­kom.” Dié woor­de word baie aan­ge­haal. Soms word die woor­de “. . . as elk­een sy plig doen” by­ge­las.

Maar die be­kend­ste aan­ha­ling van ’n groot gees van gis­ter is waar­skyn­lik Paul Kru­ger se “neem uit die ver­le­de dit wat goed en mooi is en bou die toe­koms daar­op”.

Ons doen ons bes, oom Paul.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.