Ber­tus het sy kop in wol­ke

Beeld - - Tshwane­-Beeld -

Jes­se M­cIn­ty­re (voor links) van Sut­her­land High S­chool is pas aan­ge­wys as die nu­we on­der­bur­ge­mees­ter van die Ju­ni­or S­tads­raad van P­re­to­ria. Langs hom sit Zahn Ri­j­nen van die A­fri­kaan­se Ho­ër Mei­sie­skool P­re­to­ria, wat as bur­ge­mees­ter aan­ge­wys is. Die an­der le­de van die Ju­ni­or S­tads­raad is ag­ter van links Su­ne Stander van die Ho­ër­skool Men­lo­park (ska­kel­be­amp­te), Mar­co Klop­per van Cur­ro Roo­de­plaat (stads­klerk), Lin­da O­ber­hol­zer (be­skerm­vrou) en Kar­lien Mei­ring van die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof (se­kre­ta­res­se). Ju­ni­or S­tads­raad van P­re­to­ria is ’n nie­wins­ge­wen­de or­ga­ni­sa­sie wat die af­ge­lo­pe 38 jaar daar­na streef om die jeug van P­re­to­ria te ver­e­nig, as­ook om ’n ver­skil in die ge­meen­skap te maak. Die af­ge­lo­pe week is dié stre­we weer be­ves­tig toe die Ju­ni­or S­tads­raad in die Ou Raad­saal by­een­ge­kom het om dié nu­we amps­dra­ers vir die jaar te kies. Ri­j­nen het in haar in­hul­di­gings­toe­spraak ge­sê die te­ma vir die Ju­ni­or S­tads­raad van P­re­to­ria vir die jaar 2016/2017 is S­traal Hoop (Be­am Ho­pe). Dit is die raad se vi­sie om hoop uit te s­traal in P­re­to­ria deur ver­an­de­ring: “Ons kan die ver­an­de­ring bring, daar­die ver­an­de­ring wees.” Vir meer in­lig­ting oor die Ju­ni­or S­tads­raad van P­re­to­ria en sy pro­jek­te, be­soek ge­rus die Facebook­blad­sy by Ju­ni­or Ci­ty Coun­cil of P­re­to­ria of die web­werf www.jccp­ta.co.za. Ber­tus Rey­ne­ke (gr. 12) van die Ho­ër­skool Zwart­kop het 54,6 ure as vlie­ë­nier af­ge­lê – 38,6 ure saam met ’n in­struk­teur en 16 so­lo­ure. Daar­mee het hy sy vler­kies ver­dien as leer­ling­vlie­ë­nier en het nou ook ’n pri­vaat vlieg­li­sen­sie. Die Ho­ër­skool Zwart­kop is voor­waar baie trots op Ber­tus. Mag hy nog hoog vlieg!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.