Droom word waar vir 18­ja­ri­ge na­e­ler

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Wil­helm de S­wardt

Die 18-ja­ri­ge Suid-A­fri­kaan­se 200 m-kam­pi­oen, Cla­ren­ce Muny­ai, gaan Vry­dag in Man­ches­ter een van sy dro­me uit­leef wan­neer hy Tray­von Bro­mell (VSA) oor 150 m in die G­re­at Ci­ty Ga­mes aan­durf.

“Ek kan dit eint­lik nog nie glo nie. Dit gaan on­ge­loof­lik wees. Tray­von is een van my hel­de,” sê die gr. 11-leer­ling van Tuk­sS­port High S­chool wat al twee keer dié sei­soen vir die O­lim­pie­se S­pe­le in Rio ge­kwa­li­fi­seer het deur ’n tyd van 20.36 sek. in die 200 m te hard­loop.

Muny­ai het re­de om op­ge­won­de te wees, want die 21-ja­ri­ge A­me­ri­ka­ner word be­skou as een van die nu­we su­per­ster­re van in­ter­na­si­o­na­le at­le­tiek. Ver­le­de jaar op die Wê­reld­by­een­koms in Bei­jing het Bro­mell der­de in die 100 m ge­ëin­dig.

Die le­gen­da­rie­se wê­reld­re­kord­hou­er (100 m en 200 m), U­sain Bolt (Ja­mai­ka), het ge­wen, met die om­stre­de Jus­tin Gat­lin (VSA) t­wee­de.

Nog ’n hoog­te­punt ver­le­de jaar vir Bro­mell was toe hy op die A­me­ri­kaan­se proe­we ’n tyd van 9.84 sek. op­ge­stel het. Dit is die ge­sa­ment­li­ke tien­de vin­nig­ste tyd in die ge­skie­de­nis van die 100 m-na­el­loop.

In 2014 het die A­me­ri­ka­ner die eer­ste ju­ni­or at­leet ge­word wat die 100 m in on­der tien se- kon­des kon af­na­el toe hy dit in 9.97 sek. ge­doen het.

Muny­ai ver­wag nie om te wen nie, maar be­lo­we hy gaan sy bes doen om die A­me­ri­ka­ner tot aan die ein­de te jaag en, wie weet, dalk tog vir ’n ver­ras­sing te sorg.

“Ek is dank­baar dat my af­rig­ter, Hen­nie K­riel (Tuks/HPC), my dié sei­soen so ge­reeld teen se­ni­or at­le­te laat deel­neem het, want dit be­te­ken dat ek nie meer ge­ïn­ti­mi­deer is nie. Ek be­sef nou dat die ou­er at­le­te ook maar eint­lik men­se is met hul eie vre­se en dro­me.

“Waar­oor ek wel on­se­ker is, is hoe ek die 150 m moet hard­loop. Dit is ’n vreem­de af­stand.”

Eint­lik gaan die vol­gen­de drie we­ke baie op­win­dend vir Muny­ai en sy oe­fen­maats van Tuk­sS­port High S­chool, Gift Le­ot­le­la (Suid-A­fri­kaan­se ju­ni- or kam­pi­oen in die 100 m) en Ma­le­se­la Se­nona (Suid-A­fri­kaan­se jeug­kam­pi­oen in die 100 m en 200 m) wees.

Die drie is deel van K­riel se groep wat in Eu­ro­pa aan ver­skeie wed­lo­pe gaan deel­neem. Hul eer­ste wed­loop was Maan­dag­mid­dag in Reh­lin­gen, Duits­land.

Le­ot­le­la, ’n gr. 12-leer­ling van Tuk­sS­port High S­chool, maak geen ge­heim daar­van dat hy graag in die vol­gen­de drie we­ke die O­lim­pie­se kwa­li­fi­se­ren­de ver­eis­te van 10.16 sek. in die 100 m wil oor­tref nie.

Dit is be­slis ’n haal­ba­re doel­wit. Op die Suid-A­fri­kaan­se ju­ni­or by­een­koms het hy in die half­eind­ron­de en eind­ron­de tye van 10.21 sek. ge­hard­loop. Ver­le­de jaar het hy op die S­ta­te­bond-jeug­spe­le in Sa­moa die 100 m in ’n tyd van 10.20 sek. ge­wen.

“Ek moet net leer om nie te veel voor­af oor my wed­lo­pe te tob nie. Ek moet net hard­loop en fo­kus om die klein goed­jies reg te doen, dan sal die vin­ni­ge tyd van­self ge­beur.”

Ek kan dit eint­lik nog nie glo nie. Dit gaan on­ge­loof­lik wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.