Na­ka Bul­le raak am­per aan skild

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Mor­ris Gil­bert Uit­slae, soos verskaf deur Jo­han­na de Vos: Eer­stes: T­wee­des: Der­des: o.21­span­ne: o.20­span­ne:

Meer as 4 000 draw­wers en s­tap­pers het ver­le­de jaar aan die Pick n Pay Gro­ve-win­kel­sen­trum se pad­wed­loop deel­ge­neem.

Die wed­loop staan ook be­kend as die “Wed­loop vir Hoop” om­dat die geld wat met die wed­loop ver­dien word, aan­ge­wend word ten ba­te van Sun­gar­dens-hos­pies.

Die roe­te is re­de­lik plat, wat vin­ni­ge tye son­der baie in­span­ning ver­se­ker. Die half­ma­ra­thon­roe­te is ba­sies ’n ver­dub­be­ling van die 10 km-roe­te.

Baie Com­ra­des-at­le­te ge­bruik die wed­loop om hul oe­fen­pro­gram­me mee af te sluit en hul stra­te­gieë te be­plan voor­dat hul­le op 29 Mei moet aan­tree vir die groot dag. Die wed­loop wat deur die Run & Walk for Li­fe-at­le­tiek­klub aan­ge­bied word, be­gin Sa­ter­dag­og­gend om 07:00 by die Gro­ve-win­kel­sen­trum op die hoek van Lynn­wood- en Si­mon Ver­moo­t­en­weg oor af­stan­de van 5 km, 10 km en 21.1 km.

Om­dat die wed­loop re­de­lik laat be­gin, word daar ook at­le­te van Jo­han­nes­burg ver­wag.

Deel­ne­mers word aan­ge­moe­dig om ’n bie­tjie vroe­ër aan te meld om in te skryf om druk op die be­perk­te toe­gangs­roe­tes van die win­kel­sen­trum te ver­lig.

Kon­tak Daan du Toit by d­aan­du­toit@tel­kom­sa.net of 082 572 4169 vir nog in­lig­ting.

. Stuur hard­loop- en stap-nuus na go­bey@tel­kom­sa.net. Die vraag is aan die voor­aand van die laas­te wed­stry­de in die eer­ste ron­de van die Car­l­ton-li­ga nie meer óf die Lu­cas S­tra­chan-skild ’n nu­we hou­er gaan kry nie. Na­ka Bul­le raak ná die ge­lyk­op­uit­slag teen Po­li­sie die af­ge­lo­pe na­week reeds aan die skild, maar te­o­re­ties kan Cen­tu­ri­on nog die man­ne uit die Moot se par­ty be­derf. Die twee pun­te wat Na­ka in die krag­me­ting teen Bob­bies los­ge­speel het, het hom op 19 laat ein­dig, vyf pun­te voor Cen­tu­ri­on, wat sy tuis­wed­stryd Sa­ter­dag teen die Dra­gons met ’n pun­te­ver­skil van ten min­ste 69 moet wen. En dit is baie ge­vra teen ’n teen­stan­der wat op die kruin van die golf ry ná die ge­skied­kun­di­ge se­ge oor UPTuks die af­ge­lo­pe na­week. Po­li­sie was rus­tyd met 10-3 voor teen Na­ka, maar ’n goeie t­wee­de helf­te én die skop­skoen van die jong Je­an-Pier­re Al­berts het die ge­lyk­op­uit­slag moont­lik ge­maak. Al­berts, wat ver­le­de jaar nog op skool was, het al Na­ka se pun­te met straf­doe­le aan­ge­te­ken. Die Dra­gons se se­ge oor UP-Tuks, die ver­de­di­gen­de Car­l­ton­be­ker-kam­pi­oen, is die voort­set­ting van die nu­we­ling in die li­ga se spro­kies­ver­haal. Die Dra­gons het ook al met Po­li­sie, die 2015-naas­wen­ner, af­ge­re­ken en vriend en vy­and met sy hoë peil van me­de­din­gend­heid ver­ras. Die Dra­gons is ’n reu­se-aan­wins vir die Car­l­ton-li­ga om­dat ook sy an­der span­ne van hul­self laat hoor. Dit ge­tuig van ’n struk­tuur wat ge­ves­tig en kern­ge­sond is.

Cen­tu­ri­on sal vir se­ker be­dag wees op die Dra­gons se op­mars, al het hy­self in sy laas­te wed­stryd ook met UPTuks af­ge­re­ken. By nie een van die twee span­ne sal daar dus ’n ge­brek aan self­ver­troue wees nie.

In hul wed­stryd teen die Dra­gons het UP-Tuks ge­noeg goeie be­sit ge­had om sy t­wee­de oor­win­ning van die sei­soen te be­haal, maar die tuis­span se veg­gees en be­ter af­ron­ding het ui­t­ein­de­lik die deur­slag ge­gee.

UP-Tuks sal al­les in die stryd werp om die eer­ste ron­de op ’n wen­noot af te sluit wan­neer hy teen Har­le­quins te staan kom. Al­bei span­ne het ses liga­pun­te ná vyf wed­stry­de. Quins is weens hul guns­ti­ger pun­te­ver­skil voor­laas­te en UP-Tuks laas­te op die pun­te­lys. Vir nie een van die twee span­ne is dit lek­ker lees­stof nie en daar sal be­paald van UP-Tuks ’n vyf­ster­ver­to­ning ver­wag word.

Bob­bies sluit hul be­pa­lings af teen Im­pa­la, wat eer­ste op die pun­te­lys is.

Po­li­sie 15, Na­ka Bul­le 15; Dra­gons 24, UP­Tuks 17; Im­pa­la 54, Har­le­quins 22.

Po­li­sie 22, Na­ka Bul­le 15; Tuks­Fe­ze­las 22, Dra­gons 13; Im­pa­la 39, Har­le­quins 12.

Po­li­sie 31, Na­ka Bul­le 14; Dra­gons 20, Tuks­Pu­mas 5; Har­le­quins 33, Im­pa­la 12.

Na­ka 36, Po­li­sie 0; Tuks­Jong­span 39, Dra­gons 5; Har­le­quins 10, Im­pa­la 8.

Na­ka Bul­le 57, Po­li­sie 0; Tuks 13, Dra­gons 7; Har­le­quins 16, Im­pa­la 3.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.