Huis van skan­de

Kla EFF aan, sê ANC ‘Zu­ma sal nooit rus’

Beeld - - Front Page - P­hil­da Es­sop Jan Ger­ber

Dié uit­smy­ters moet weet: As hul­le ge­weld pleeg, ant­woord ons met ge­weld. — JU­LI­US MA­LE­MA, EFF­LEI­ER

Pres. Ja­cob Zu­ma het hom­self weer pro­beer ver­ont­skul­dig na­dat EFF-LP’s gis­ter uit­ge­boen­der is om­dat hul­le daar­op aan­ge­dring het dat hy die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring in die lig van die N­kand­la-kwes­sie nie moet kan toe­spreek nie.

Zu­ma het daar­na rus­tig voort­ge­gaan om die ge­ske­du­leer­de vrae te be­ant­woord.

Dit was die vier­de keer dat le­de van die par­le­ment se be­sker­mings­diens­te, die so­ge­naam­de Wit­hem­de, EFF-LP’s ver­wy­der.

Die EFF het vol­ge­hou in die lig van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se uit­spraak moet Zu­ma die NV nie toe­spreek nie.

Vuis­te het ge­klap, wa­ter­bot­tels het ge­vlieg en har­de myn­hoe­de is ver­loor toe die EFFLP’s uit­ge­gooi is.

Min­stens een LP is aan die han­de en voe­te uit­ge­dra, ter­wyl an­der met vuis­te by­ge­kom, ge­stoot en aan hul kle­re rond­ge­ruk is.

Die ANC wil hê die EFF moet straf­reg­te­lik aan­ge­kla word van “aan­ran­ding op die par­le­men­tê­re vei­lig­heids­per­so­neel” en ska­de aan ei­en­dom.

In­ge­vol­ge die re­ëls sal EFFLP’s ’n ken­nis­ge­wing ont­vang wat hul­le oor hul skor­sing vir vyf dae uit die NV in­lig.

Ná die uit­gooi­e­ry het M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, Zu­ma se stel­ling in 2012 aan die NV, naam­lik dat hy ’n huis­ver­band vir N­kand­la het, be­vraag­te­ken. “Kan jy as­se­blief be­wy­se van jou ver­band verskaf? Is dit ’n feit, want ek dink dit is ’n leu­en,” het Mai­ma­ne ge­sê.

Zu­ma het ge­ant­woord: “Ek het nie ge­lieg nie.”

Hy het ge­sê die op­knap­pings­werk by sy huis het be­gin toe hy nog ad­junk­pre­si­dent was. “Teen die tyd dat ek pre­si­dent ge­word het, was die eer­ste huis op dak­hoog­te, die t­wee­de een op ven­ster­hoog­te en die fon­da­sie vir die der­de een was ge­lê.”

Hy het daar­op ge­wys dat die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof en die o­pen­ba­re be­sker­mer nie be­vind het dat hy ge­lieg het toe hy ge­sê het sy fa­mi­lie het die huis ge­bou nie. Die OB het na die vei­lig­heids­ken­mer­ke ver­wys.

“Daar was i­tems wat ge­tel is deur die OB, wat nie ge­sê het dit is deel van die huis wat ge­bou is nie. Met an­der woor­de, die re­ge­ring het ge­kom en dit ge­bou. Dié i­tems ver­teen­woor­dig die kraal, hoen­der­hok, swem­bad . . . ”

DA-LP’s het daar­op ge­skree: “Brand­poel!” Zu­ma het voort­ge­gaan en ge­sê: “Ja, brand­poel, wag­ka­mer en die am­fi­te­a­ter.”

Hy het aan Mai­ma­ne ge­sê: “Jy is nie kor­rek as jy sê my land­goed is deur die re­ge­ring ge­bou nie. Nee, dit is nie waar nie. Dit is nie kor­rek dat ek ge- lieg het toe ek ge­sê het my huis is deur my fa­mi­lie ge­bou nie. Ek het ’n ver­band vir die eer­ste fa­se daar­van. My fa­mi­lie be­taal die t­wee­de een. (Dit sluit) nie die vyf kwes­sies in wat deur die re­ge­ring ge­bou is nie.

“Ek het dus nooit ge­lieg toe ek ge­sê het my fa­mi­lie het die huis ge­bou nie. Ek het nooit ge­sê ek het die vyf i­tems ge­bou waar­van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof praat nie – dit is deur die re­ge­ring ge­bou.

“Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof en die o­pen­ba­re be­sker­mer het ge­sê die fa­mi­lie het, uit dit wat die re­ge­ring ge­bou het, in­di­rek daar­uit voor­deel ge­trek en dat ’n re­de­li­ke be­drag vir die vyf i­tems te­rug­be­taal moet word. Dit is ’n wa­re sto­rie. So ek sê aan die men­se van Suid-A­fri­ka: Ek het nooit ge­lieg nie.” In wat waar­skyn­lik ’n op­war­ming­ses­sie vir gis­ter­mid­dag se vra­e­ses­sie met die pre­si­dent was, het die EFF pro­beer om die “Gup­ta-mi­nis­ter” Des van Rooy­en se toe­spraak in die de­bat oor Vu­wa­ni te ont­wrig.

Van Rooy­en het net sy staan ag­ter die po­di­um ge­kry toe is Floyd S­hi­vam­bu, EFF-hoof­sweep, op sy voe­te.

“Word ’n Gup­ta-mi­nis­ter toe­ge­laat om hier te praat?” wou hy weet.

“Ons het nie ’n lid van die uit­voe­ren­de ge­sag wat ’n Gup­ta-mi­nis­ter is nie,” het T­ho­ko Di­di­za, voor­sit­ten­de be­amp­te, ge­sê.

Van Rooy­en het nog nie eens sy sin klaar­ge­maak nie toe M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, EFF-LP, ook op­spring. “Gee dié Gup­taaan­stel­ling kans om te ver­dui­de­lik hoe hy die geld van die pen­si­oen­fonds wat ver­lo­re ge­gaan het, gaan te­rug­kry,” het Nd­lo­zi ge­sê.

Di­di­za het hom aan­ge­spreek, maar kort daar­na was Nd­lo­zi met sy ken­mer­ken­de breë glim­lag weer op sy voe­te.

“Ek wil net se­ker maak dat dié toe­spraak nie deur die Gup­tas ge­skryf is nie,” het hy ge­sê.

Van Rooy­en het kop on­der­ste­bo op die bank ag­ter die po­di­um ge­sit el­ke keer dat ’n EFF-LP op­ge­spring het en wan­neer hy weer her­vat het by Di­di­za om be­sker­ming ge­pleit, tot groot ver­maak van die EFF.

Di­di­za het ge­sê: “Dit (die voor­val­le waar­in sko­le by Vu­wa­ni af­ge­brand is) is ’n saak van na­si­o­na­le be­lang, kom ons ver­klei­neer dit nie.”

Ju­li­us Ma­le­ma het, in ’n skaars ver­sky­ning in die par­le­ment, toe ook ’n ei­er­tjie ge­lê: “As hy ant­woord wat hy in Du­bai gaan doen het, sal ons vreed­saam hier sit.”

Weer het Di­di­za die EFF aan­ge­spreek en die de­bat se be­lang be­klem­toon. Van Rooy­en het toe sy toe­spraak klaar­ge­maak.

Fo­to’s: LERATO MADUNA

Vuis­te het ge­klap en wa­ter­bot­tels ge­vlieg toe die par­le­ment se vei­lig­heids­diens, die so­ge­naam­de Wit­hem­de, EFF­LP’s gis­ter hard­han­dig ver­wy­der het. Dit is in op­drag van die spea­ker ge­doen na­dat dié LP’s nie wou hê dat pres. Ja­cob Zu­ma die par­le­ment toe­spreek nie.

EFF­LP’s gooi gis­ter wa­ter na le­de van die par­le­men­tê­re be­sker­mings­diens wat hul­le uit die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring pro­beer ver­wy­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.