O­li­fant in die ver­trek

Die term ‘A­fri­ka­ner’ moet weg van die eng as­so­si­a­sie met kleur be­weeg om bruin men­se in te sluit, sê Wan­nie Car­stens, ter­wyl Chris­to van der R­hee­de die ge­bruik van A­fri­kaans op et­nie­se grond­slag be­treur.

Beeld - - Middelblad - Van der R­hee­de is die uit­voe­ren­de ad­junk­di­rek­teur van A­gri SA.

Een van die sa­ke wat ge­du­rig in by­dra­es in die de­bat na vo­re ge­kom het, is wat en wie die spe­sie A­fri­ka­ner is.

Wat is dit in dié term wat daar­toe by­dra dat le­de van die bruin A­fri­kaan­se ge­meen­skap feit­lik deur­gaans sê dat hul­le nie hier­die be­na­ming wil dra nie?

Dit is am­per as­of hier­die term dié on­der­skei­den­de fak­tor tus­sen wit en bruin is. Jy is ’n A­fri­ka­ner as jy wit is en jy is nie ’n A­fri­ka­ner nie as jy bruin of swart is.

As ’n mens te­rug­gaan op die her­koms van die term, dan vind jy dit is aan die be­gin ge­bruik vir men­se wat hul­self ge­bon­de aan die land en die vas­te­land ge­voel het.

Beso­pe A­fri­k­aan­der

Die be­kend­ste ge­rap­por­teer­de ge­val is toe die beso­pe jong man Hen­drik Bie­bouw reeds in 1707 op S­tel­len­bosch aan land­dros S­tar­ren­burg ge­sê het: “Ik ben een A­fri­k­aan­der,” be­doe­len­de dat hy wat Bie­bouw is ge­bo­re is in die land en dat S­tar­ren­burg ’n bui­te­lan­der (Duit­ser) is.

Dit maak hom dus ’n A­fri­k­aan­der, ’n ei­en­skap wat S­tar­ren­burg as bui­te­lan­der hom nie kan toe­ëi­en nie.

Hier­die sie­ning is in tal­le pu­bli­ka­sies oor die ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­ka oor en oor be­ves­tig. Die kon­sen­sus in al hier­die pu­bli­ka­sies is ru­weg dat “al­mal wat in die land woon en daar­uit ’n be­staan put, A­fri­ka­ners (is)” (al in 1830 in De Zuid-A­fri­kaan).

Die ge­brui­ke hier­bo neem die eng­heid van die de­fi­ni­sie weg: Dit be­perk dit nie net tot men­se wat Hol­lands of A­fri­kaans praat nie.

Dit maak dan dat e­nig­een wat hier ge­bo­re is, hom of haar die term kan toe­ëi­en: wit, bruin, swart, En­gels- of Hol­lands spre­kend.

Die wye in­slui­ten­de be­te­ke­nis van die term kom dus al van ver. Wat het dan ge­beur dat hier­die term so uit­slui­tend ge­raak het, dat dit net vir wit A­fri­kaans­spre­ken­des ge­bruik is?

Soos ’n brief­skry­wer in 2014 in Beeld ge­sê het: “Al­mal weet die A­fri­ka­ner is ’n in­heem­se blan­ke A­fri­kaans­spre­ken­de volk van Suid-A­fri­ka, met sy eie u­nie­ke kul­tuur, tra­di­sies, ge­skie­de­nis en sy Ge­lof­te.”

Die oor­saak van die ver­eng­de be­te­ke­nis is po­li­ties. Uit ons ge­skie­de­nis bron­ne kry ons dat die term se­dert die be­gin van die 20ste eeu al hoe meer ge­kop­pel ge­raak het aan A­fri­ka­ner na­si­o­na­lis­me, en hier­deur ver­eng ge­raak het tot wit, A­fri­kaans­spre­ken­de men­se. En a­part­heid in sy vol­le kon­se­kwen­sie het by­ge­dra om hier­die term ver­der te stig­ma­ti­seer as die heer­ser, die een wat ge­sag af­dwing op grond van sy wit­heid.

In swart ge­le­de­re is “Boer” en “A­fri­ka­ner” ne­ga­tie­we ter­me. Praat ’n bie­tjie met swart men­se en hoor wat hul­le van dié ter­me dink – ge­grond op hul­le er­va­ring met wit A­fri­kaans­spre­ken­des.

Die his­to­ri­kus Jackie Gro­bler skryf hier­oor: “A­part­heid het daar­toe ge­lei dat die A­fri­kaan­se taal ’n sim­bool van on­der­druk­king ge­word (het) en dat swart men­se A­fri­ka­ners as die wreed­ste en ar­ro­gant­ste men­se in die wê­reld be­skou het.” Dit is nie iets om op trots te wees nie.

A­fri­ka­ner­skap vir wit men­se

Daar­om: Hoe kan ons nog van­dag in 2016 steeds A­fri­ka­ner­skap net vir wit men­se toe­ei­en? Dit is be­son­der ei­e­ge­reg­tig om A­fri­kaans en al­les wat daar­mee saam­gaan, net as jóú ei­en­dom te be­skou.

Want hier­mee sê ons vir 3,4 mil­joen bruin spre­kers van A­fri­kaans hul­le is nie ook A­fri­ka­ners nie. En dit is juis die groot spre­kers­groep van A­fri­kaans.

Dit is wat Da­nie van Wyk en Dan­ny Ti­tus vra: ook die den­ke oor die sa­me­stel­ling van die to­ta­le A­fri­kaans­spre­ken­de ge­meen­skap moet ver­ruim word. Bruin men­se deel ook u­nie­ke A­fri­kaan­se tra­di­sies en kul­tu­re­le ge­brui­ke. Bruin men­se is dus ook A­fri­ka­ners of ons dit nou wil weet of nie.

Ek weet eg­ter nou reeds dat as ek van my bruin vrien­de vra om hul­le met hier­die term te as­so­si­eer, hul­le daar­van sal weg­staan weens die seer wat hier­die term vir hul­le mee­ge­bring het.

Dit sê vir my wit A­fri­kaans­spre­ken­des het toe­ge­laat dat die ga­ping so groot word dat ons nie eens die­self­de term wil deel nie.

Ek is van oor­deel ons moet daar­om eer­der die term “A­fri­ka­ner” her­de­fi­ni­eer deur te­rug te be­weeg na die oor­spronk­li­ke be­te­ke­nis van die woord.

Dan be­weeg ons weg van die eng as­so­si­a­sie met kleur. As ons hier­die stap ge­neem het, dan is ons ook ge­reed vir an­der be­lang­ri­ke ver­rui­men­de stap­pe. ) Prof. Car­stens is die di­rek­teur van die skool vir ta­le aan die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit.

Die A­fri­kaan­se ge­meen­skap is al­les­be­hal­we ’n ho­mo­ge­ne ge­meen­skap. Dit word ge­ken­merk deur uit­een­lo­pen­de et­nie­se i­den­ti­tei­te, ge­skied­kun­di­ge be­le­we­nis­se, op­voed­kun­di­ge vlak­ke, i­de­o­lo­gie­se stand­pun­te, kul­tu­re­le ag­ter­gron­de en e­ko­no­mie­se be­lan­ge. Wat laas­ge­noem­de be­tref, is daar dié met om­vat­ten­de e­ko­no­mie­se be­lan­ge, maar ook baie wat ’n suk­kel­be­staan voer. En om­dat hul leef­wê­reld so ver ver­wy­derd is van me­kaar, is dit geen ver­as­sing dat hul le­wens­be­skou­in­ge en po­li­tie­ke lo­ja­li­tei­te ook wat in­houd, in­ter­pre­ta­sie en die uit­leef daar­van be­tref dra­ma­ties ver­skil nie.

Uit­sluit en ver­vreem

Ver­der suk­kel baie om aan te pas by die nu­we de­mo­kra­tie­se or­de. Hul­le er­vaar dit eer­der as ’n mas­so­kra­tie­se op­set wat hul­le uit­sluit en ver­vreem. Simp­to­ma­ties van hier­die ver­vreem­ding is die “nu­we” subi­den­ti­tei­te wat daag­liks deur A­fri­kaans­spre­ken­de in­di­vi­due en groe­pe op ve­ler­lei ter­rei­ne uit­ge­kerf word om ook hul stem te laat hoor.

An­der is eg­ter is heel tuis bin­ne die mas­so­kra­tie­se op­set en be­nut hul ta­len­te en net­wer­ke tot voor­deel van hul­self en die bre­ër ge­meen­skap.

Wat A­fri­kaans as taal aan­be­tref, is daar baie in die A­fri­kaan­se ge­meen­skap wat die be­houd daar­van op ve­ler­lei ter­rei­ne as ’n in­te­gre­ren­de deel ag om hul e­ko­no­mie­se voort­be­staan en oor­le­wing as ’n u­nie­ke et­no­kul­tu­re­le ge­meen­skap te help waar­borg.

Vir baie an­der A­fri­kaans­spre­ken­des lê die ge­leent­he­de eg­ter op­ge­sluit in ’n oop e­ko­sis­teem waar­in A­fri­kaans ’n be­perk­te aan­deel het. Lo­ja­li­tei­te teen­oor, vir en deur A­fri­kaans wis­sel van huis tot huis, van fa­mi­lie tot fa­mi­lie en ook bin­ne die gro­ter maat­skap­li­ke or­de.

Op e­ko­no­mie­se ter­rein skep A­fri­kaans­spre­ken­des nie net pro­duk­te en diens­te vir ver­bruiks­doel­ein­des nie, maar in ve­le an­der sek­to­re speel hul­le ’n lei­den­de rol om die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie en staats­kas aan die gang te hou, want hul­le het ’n e­ko­no­mie­se be­lang daar­by.

A­fri­kaan­se men­se en A­fri­kaans is ’n bron van kre­a­ti­wi­teit, vi­ta­li­teit en pro­duk­ti­wi­teit wat ’n fe­no­me­na­le by­drae le­wer tot ons land, ons vas­te­land en al sy men­se.

Dit is dus in nie­mand se be­lang om dié bron te ver­nie­tig nie, maar eer­der in al­mal se be­lang dat on­der­rig daar­in be­hou en uit­ge­bou word om gro­ter wel­vaart en meer werks­ge­leent­he­de te skep.

Wat diens­baar­heid be­tref, woel en wer­skaf baie op ve­le ter­rei­ne om die gro­ter be­vol­king tot diens te wees. Ve­le nier ege rings­or­ga ni­sa­sie s, ker­ke, kul­tuur­or­ga­ni­sa­sies, in­di­vi­due en die maat­skap­li­ke arm van sa­ke or­ga­ni­sa­sies is be­sig met be­mag­ti­ging deur A­fri­kaans, want hul­le het ’n maat­skap­li­ke be­lang daar­by.

Op dié ter­rein skep A­fri­kaans­spre­ken­des we­der­syd­se be­grip en nu­we ven­noot­skap­pe om Suid-A­fri­ka­ners te ver­e­nig in die stryd teen al­ler­lei maat­skap­li­ke eu­wels.

Hier­die ak­sies word deur mid­del van ak­tie­we bur­ge­ry ge­dryf om kwes­sies soos kor­rup­sie, ras­sis­me, dis­kri­mi­na­sie, swak diens­le­we­ring, werk­loos­heid, mis­daad en on­ge­reg­tig­heid te be­veg. A­fri­kaans­spre­ken­des help dus ak­tief mee om in ven­noot­skap met hul me­de­bur­gers Suid-A­fri­ka se sta­tus as ’n li­be­ra­le de­mo­kra­sie te ver­sterk.

Die rol van A­fri­kaans as taal is eg­ter in dié ver­band ui­ters am­bi­va­lent.

Et­nie­se be­na­de­ring

In krin­ge waar die klem sterk val op ge­meen­skaps­bou met ’n sterk pa­ro­gi­a­le on­der­bou, word A­fri­kaans dik­wels in­ge­span om ak­tie­we bur­ge­ry op ’n et­nie­se grond­slag te be­dryf. Dit skep kon­flik en dryf men­se uit­me­kaar. Ge­ge­we die ba­ga­sie waar­mee A­fri­kaans op­ge­saal is, moet die vraag ge­vra word of so ’n be­na­de­ring e­nig­sins tot voor­deel is van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap.

In dié ver­band het die A­fri­kaan­se me­dia ’n kri­tie­ke rol te ver­vul. Dit is óf om hier­die pa­ro­gi­a­le aan­slag as som­to­taal van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap en A­fri­kaans aan die bre­ër Suid-A­fri­kaan­se ge­meen­skap voor te hou en wan­per­sep­sies in dier voe­ge te stook. Óf om die gro­ter en di­ver­se prent­jie van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap en die e­ko­no­mie­se, maat­skap­li­ke en na­sie­bou­rol van die spre­kers van A­fri­kaans aan die groot klok te hang en deur A­fri­kaan­se Suid-A­fri­ka­ners oor gren­se heen te ver­e­nig.

Hier­in lê die toe­koms van die A­fri­kaan­se ge­meen­skap as­ook die be­houd van A­fri­kaans. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.