Har­te oop vir kind met kan­ker

Beeld - - Front Page - Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Die drie­ja­ri­ge seun­tjie van Ve­ree­ni­ging wat teen been­kan­ker veg, gaan bin­ne­kort ’n brood­no­di­ge o­pe­ra­sie kry na­dat tal­le men­se hul har­te en beur­sies oop­ge­maak het.

Die o­pe­ra­sie is Jay­van Jan­se van Rens­burg se e­nig­ste hoop om sy reg­ter­been te red.

E­wing-sar­koom is in Ja­nu­a­rie by hom ge­di­ag­no­seer, net vyf maan­de na­dat sy pa, An­ton, in ’n huis­roof­tog ver­moor is.

Jay­van se ma, Ca­rin, sorg nou al­leen vir hul ses kin­ders en moet teen ein­de van­dees­week ’n by­be­ta­ling van R500 000 vir sy o­pe­ra­sie in die Vin­cent Pal­lot­ti-hos­pi­taal in Kaap­stad doen.

Die groot­ste deel van dié geld is ge­skenk na­dat sy gis­ter­og­gend aan Ja­ca­ran­da FM se lief­da­dig­heids­pro­gram, Good Mor­ning An­gels, deel­ge­neem het. Tot voor die pro­gram het sy nog R320 000 no­dig ge­had na­dat sy reeds R180 000 met be­hulp van ’n on­der­steu­nings­groep vir Jay­van op Fa­ce­book in­ge­sa­mel het.

Voor­dat die R500 000-tei­ken gis­ter ge­haal is, het sy be­plan om eers­ko­men­de Maan­dag haar oor­le­de man se bak­kie en haar mo­tor te ver­koop. Sy het ook al re­ë­lings be­gin tref om na ’n goed­ko­per huis te trek.

“Ek het dit nie ver­wag nie. Ek het ge­hoop ie­mand sal my kon help as hul­le van ons sto­rie hoor, maar nooit het ek ge­dink dat men­se so sou re­a­geer nie,” sê sy.

“Ons is so ge­se­ënd. Ek wou my­self ’n paar keer knyp om se­ker te maak dat dit ge­beur.

Ons is so ge­se­ënd. Ek wou my­self ’n paar keer knyp om se­ker te maak dat dit ge­beur.

Ek is so dank­baar vir al­mal wat hul har­te oop­ge­maak het. Nou sal ons sy been kan red en my kin­ders sal in hul huis kan bly.”

Dok­ters sal Vry­dag 27 Mei die aan­ge­tas­te fe­mur in sy reg­ter­been ver­wy­der en dit deur sy lin­ker­ti­bia ver­vang. Die lin­ker­been sal met skroe­we en pla­te op­ge­bou word. Hy is die jong­ste kind in die land wat so ’n o­pe­ra­sie sal on­der­gaan.

Jay­van is te jonk om tien uur lank on­der die mes te wees en daar­om gaan by­ko­men­de spe­si­a­lis­te se hulp in­ge­roep word so­dat die o­pe­ra­sie vin­ni­ger af­ge­han­del kan word.

Die Ja­ca­ran­da FM-om­roe­per Di­an­ne Brood­ryk sê hul­le moes gou spring om­dat die hos­pi­taal be­taal moes word.

“Hul­le het R320 000 no­dig ge­had en voor die ein­de van die pro­gram was ons al ver ver­by daar­die be­drag,” sê Brood­ryk.

“Wat met dié ge­sin ge­beur het, kan met e­nig­een ge­beur en ek dink dit is wat men­se se har­te ge­raak het.”

Die ek­stra geld sal ge­bruik word vir die ge­sin se ver­blyf en an­der kos­te.

Jay­van sal twee tot drie maan­de in Kaap­stad moet bly om te her­stel.

Fo­to: A­LET PRETORIUS

Ca­rin Jan­se van Rens­burg van Ve­ree­ni­ging gis­ter met haar seun Jay­van (3),

Jay­van en sy oor­le­de pa, An­ton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.