Hond kry ’n MSc in pad­da­ruik

Be­skerm­de spe­sie meest­al on­der­gronds

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers

Pot­chef­stroom. – Die drie­ja­ri­ge Jes­sie het nie net van­dees­week “graad ge­vang” aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit (NWU) nie, sy is nou ook slag­ge­reed vir haar vol­gen­de uit­da­ging.

Dié skaap­hond gaan moont­lik bin­ne­kort oe­wer­ko­ny­ne in Lox­ton se wê­reld in die Ka­roo uit­ruik.

Haar ou­nooi, Esté Matthew (24), het pas ’n mees­ters­graad in dier­kun­de aan die NWU ver­werf.

Jes­sie het ’n by­dra­en­de rol hier­in ge­speel.

Matthew se stu­die-on­der­werp was die ge­bruik van ’n snuf­fel­hond vir die bewaring van am­fi­bie­se e­ko­lo­gie.

Jes­sie is spe­si­fiek ge­leer om die reuk van die groot­brul­pad­da, ’n be­sker­men­de spe­sie in Gau­teng, on­der die grond uit te ken. Dié pad­da hi­ber­neer tot 11 maan­de lank on­der­gronds en is net so­wat ’n maand lank bo­gronds om te broei en ei­ers te lê.

Matthew sê Jes­sie is baie slim en het gou ge­leer om die groot­brul­pad­da se reuk te her­ken.

Matthew het haar self op­ge­lei. “Sy ken die mees­te toer­tjies van e­ni­ge hond wat ek ken.”

Matthew sê haar stu­die­lei­er, prof. Ché Wel­don, het ’n groot rol ge­speel in die be­plan­ning om Jes­sie te ge­bruik, as­ook in haar op­lei­ding.

“Ek het ook raad ge­vra by pro­fes­si­o­ne­le hon­de-op­lei­ers van oor die wê­reld heen.

“Hul­le het on­der meer voor­ge­stel dat ek ’n skaap­hond met wer­ken­de ou­ers kry om­dat hul­le so vol­op in Suid-A­fri­ka is,” sê Matthew.

Matthew het Jes­sie as ba­ba­hond­jie van ’n plaas by Bloem­fon­tein ge­kry waar haar ou­ers wer­ken­de skaap­hon­de is.

Die hond­jie het saam met haar in haar woon­stel in Pot­chef­stroom ge­woon en was el­ke dag aan haar sy op die kam­pus.

Jes­sie het op ses maan­de met haar op­lei­ding be­gin.

Sy ken die mees­te toer­tjies van e­ni­ge hond wat ek ken. — ESTÉ MATTHEW

Van­dees­week is sy sak en pak saam met Matthew na Lox­ton, waar Matthew vir die Trust vir Be­dreig­de Na­tuur­le­we (EWT) na­vor­sing oor die oe­wer­ko­nyn gaan doen.

“Hul­le is ’n kri­tiek be­dreig­de spe­sie wat hier en in die Wes- en Noord-Kaap voor­kom,” sê Matthew. Jes­sie word aan ’n reuk bloot­ge­stel en dan ge­kon­di­si­o­neer om daar­die reuk in die veld te kan i­den­ti­fi­seer.

Die moont­lik­heid is sterk dat sy ook sal kan leer om oe­wer­ko­ny­ne uit te ruik.

Esté Matthew, wat van­dees­week ’n mees­ters­graad aan die Noord­wesU­ni­ver­si­teit in Pot­chef­stroom ver­werf het, en haar skaap­hond en stu­die­ven­noot, Jes­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.