S­finks: Dis kat en ha­re in die hof

Beeld - - Front Page - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

Van­de Bal­de So­so Eros.

Dit is die naam van ’n sfinks­man­ne­tjies­kat (4) waar­oor die kloue uit is in ’n regs­ge­ding.

Al­ma van Zyl van Augra­bies­straat in Mooi­kloof­rif, P­re­to­ria, vra die stad se hoog­ge­regs­hof om Ber­na­det­te Wil­lers van die Fe­at­her­brooke-land­goed in Ruim­sig, Roo­de­poort, te be­veel om die kat vir haar te­rug te gee.

Wil­lers be­weer weer sy het R100 962 aan die re­ha­bi­li­ta­sie van die kat be­stee om­dat hy in ’n ver­waar­loos­de en mis­han­del- de toe­stand van Van Zyl af ge­kom het.

Wil­lers, wat die blou­oog­kat nie wil te­rug­gee nie, eis dié be­drag plus ren­te by Van Zyl.

Die saak kon nie Dins­dag aan­ge­hoor word nie om­dat Wil­lers se sleu­tel­ge­tuie, E­li­za­beth Swart, in Na­mi­bië is.

Die saak is on­be­paald uit­ge­stel en Wil­lers moet Van Zyl se ver­spil­de regs­kos­te weens die uit­stel be­taal, het die hof be­veel.

’n Fo­to van die kat is by die hof in­ge­dien.

Van Zyl het Eros in Fe­bru­a­rie 2010 by die Van­de Bald-sfink­ste- le­ry bui­te Kim­ber­ley ge­koop.

In hof­stuk­ke word be­weer sy het Swart, van die nou voor­ma­li­ge Di­sal-sfink­ste­le­ry in Be­no­ni, ge­vra om die kat te her­ves­tig weens sy ge­drag.

Vol­gens Di­sal se Fa­ce­book­blad het hy self in Maart 2014 op­ge­hou sfink­se teel en sy web­werf is ge­sluit. Hy red en her­ves­tig steeds sfink­skat­te.

Wil­lers het lui­dens hof­stuk­ke glo toe die kat by Swart aan­ge­neem.

In Maart 2014 het Van Zyl die ge­ding teen Wil­lers in­ge­stel om die kat te­rug te gee.

Van Zyl sê in hof­stuk­ke sy “was, is en bly” Eros se ei­e­naar. Sy vra die hof dat die bal­ju die kat mag gaan soek as Wil­lers hom nie te­rug­gee nie.

Wil­lers be­weer Eros is, soos be­skryf word in die Die­re­be­sker­mings­wet, ver­waar­loos en mis­han­del deur Van Zyl.

Sy het ’n ver­slag by die hof in­ge­dien van ’n vee­arts wat die kat op 18 No­vem­ber 2012 on­der­soek het na­dat hy by Swart aan­ge­kom het.

Die vee­arts sê daar­in die kat het in sy hui­sie ge­bly en dit was by­kans on­moont­lik om hom te han­teer. Die kat was vir ’n “uit­ge­brei­de tyd­perk” lank uit­ge­teer. Die kat was ui­ters ag­gres­sief.

Die­self­de vee­arts het die kat op 12 Ju­lie 2013 on­der­soek en in ’n op­volg­ver­slag ge­sê sy lyf­taal en ge­drag was baie vrien­de­li­ker. Sy fi­sie­ke toe­stand het baie ver­be­ter en hy was nie uit­ge­teer nie.

Wil­lers het ook ’n die­re­ge­drags­ken­ner se ver­slag in­ge­dien wat sê die kat be­hoort by haar te bly.

Van Zyl se hof­stuk­ke lui Wil­lers be­sit die kat on­wet­tig en sy mag dit nie ver­koop, skenk of op e­ni­ge an­der ma­nier daar­van ont­slae raak nie.

Wil­lers se pro­ku­reur het in ’n ver­kla­ring voor die hof ge­sê Swart se ge­tui­e­nis is nood­saak­lik vir Wil­lers se saak om­dat sy Eros her­ves­tig het.

Van­de Bal­de So­so Eros

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.