Tra­ne oor re­ke­naars

Ver­se­ke­ring gaan nie vol­le ska­de dra

Beeld - - Nuus - Buks Vil­joen

In sy 33 jaar as on­der­wy­ser aan die La­er­skool B­rey­ten na­by Er­me­lo was Lou­is Ba­tes nog nooit so hart­seer soos ver­le­de Vry­dag toe hy hui­lend aan die leer­lin­ge en on­der­wy­sers moes ver­tel hul re­ke­naar­sen­trum is leeg ge­steel nie.

Die­we het Don­der­dag­aand vir die der­de keer in ’n maand by die s­kool in­ge­breek en 43 re­ke­naars – skerms en al – ge­steel. Die ska­de be­loop so­wat R300 000. Die toe­rus­ting is ge­koop met sken­kings wat Ba­tes van ver­skeie on­der­ne­mings ge­kry het.

Hy is die af­ge­lo­pe vyf jaar skoolhoof en het die s­kool in een van die mees ge­vor­der­de la­er­sko­le in die land op­ge­bou.

Die he­le s­kool is toe­ge­rus met re­ke­naars en selfs in­ter­ak­tie­we wit­bor­de.

Ba­tes is twee jaar ge­le­de as die bes­te la­er­skool­hoof in die land aan­ge­wys dank­sy die in­no­ve­ren­de ma- nier waar­op hy die s­kool be­stuur.

Die eer­ste voor­val was op 10 A­pril toe ses leer­lin­ge van ’n an­der s­kool by die s­kool in­ge­breek het.

’n Vei­lig­heids­ka­me­ra in ’n klas­ka­mer is ge­breek, maar daar was min an­der ska­de.

“Die kin­ders was eg­ter so ver­waand dat hul­le selfs by die s­kool se snoe­pie in­ge­breek, aar­tap­pels ge­skil en vir hul­le slap­tjips ge­maak het,” sê Ba­tes.

Die beeld­ma­te­ri­aal wat ty­dens die in­braak ge­neem is, het die po­li­sie ge­help om die in­bre­kers vas te trek.

“Hul­le het die kin­ders, van ’n na­bu­ri­ge s­kool, na ons s­kool ge­bring en vir hul­le ge­wys hoe hul­le uit­ge­vang is.”

Ses dae la­ter is daar weer by die s­kool in­ge­breek.

Dié keer het die die­we die sen­tra­le vi­deo-op­ne­mer van die ka­me­r­a­stel­sel ge­steel en ook die a­larm­stel­sel ver­nie­tig.

Ver­le­de Don­der­dag om­streeks mid­der­nag het die nuut ge­ïn­stal­leer­de a­larm­stel­sel by die s­kool wéér af­ge­gaan.

Ba­tes en die po­li­sie het die s­kool deur­ge­soek, maar niks ver­dags ge­kry nie. Die a­larm het eg­ter bly af­gaan el­ke keer wan­neer hy dit ge­ak­ti­veer het.

“Ons het la­ter ná ’n ge­sprek met die vei­lig­heids­maat­skap­py be­sluit om die a­larm­stel­sel vir die res van die nag af te ska­kel. Die po­li­sie sou ge­reel­de pa­trol­lies doen.”

Kort na­dat hul­le weg is, het die die­we toe­ge­slaan, die vei­lig­heids­hek­ke oop­ge­breek en by die re­ke­naar­sen­trum in­ge­breek.

Om­dat die vei­lig­heids­ka­me­ras nie ge­werk het nie, het die die­we ver­moe­de­lik op hul tyd die 43 re­ke­naars en skerms ge­steel en op twee voer­tuie, wat hul­le voor die sen­trum ge­par­keer het, ge­laai.

“Om­dat ons nou as ’n ri­si­ko deur die ver­se­ke­rings­maat­skap­py be­skou word, gaan hul­le nie die vol­le ska­de dek nie.”

Ba­tes sê die s­kool se 560 leer­lin­ge word nou die reg ont­neem om be­hoor­li­ke op­lei­ding te on­der­gaan.

Selfs die in­ter­ak­tie­we wit­bord word nou saans ag­ter slot en gren­del toe­ge­sluit.

Hul­le be­stee ook so­wat R30 000 – “geld wat die s­kool nie reg­tig het nie” – om die s­kool se om­hei­ning te ver­be­ter.

Lou­is Ba­tes, hoof van die La­er­skool B­rey­ten, saam met Lon­da N­ko­si en Re­fil­we Mot­la­peng, die s­kool se hoof­seun en ­dog­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.