Vu­wa­ni: Mi­nis­ter gee klas

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tjie Louw­Car­stens

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, het gis­ter­og­gend self in­ge­spring en leer­lin­ge ’n wis­kun­de­les ge­gee om­dat die mees­te on­der­wy­sers in die Vu­wa­ni-dis­trik steeds nie by die s­kool op­ge­daag het nie.

Twee we­ke ge­le­de is 24 sko­le af­ge­brand deur men­se wat nie deel wil wees van ’n nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wat Ma­la­mu­le­le in­sluit nie.

Se­dert­dien is ver­skeie ver­ga­de­rings tus­sen ver­skeie mi­nis­ters, ge­meen­skaps­lei­ers en selfs To­ni Mp­hep­hu Ra­ma­bu­la­na, Ven­da-ko­ning, ge­hou, maar dui­sen­de leer­lin­ge kry steeds nie on­der­rig nie.

Mahlo­bo het ge­sê on­der­wy­sers word glo ge­ïn­ti­mi­deer. “Die­ge­ne wat on­der­wy­sers in­ti­mi­deer, is laf­aards en kan nie ver­oor­saak dat kin­ders nie s­kool toe gaan nie.”

Leer­lin­ge gaan drups­ge­wys te­rug s­kool toe, maar baie van hul­le vrees vir hul eie vei­lig­heid.

Mo­bie­le klas­ka­mers word se­dert eer­gis­ter by die sko­le af­ge­le­wer wat on­her­stel­baar be­ska­dig is.

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die na­si­o­na­le de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê 234 mo­bie­le klas­ka­mers is no­dig. Daar word be­plan om van­dees­week 74 af te le­wer.

Daar is nie be­groot vir die mo­bie­le klas­ka­mers nie en dit be­moei­lik die af­le­we­rings­pro­ses.

Mahlo­bo het by die Rad­zam­bo Se­con­da­ry S­chool voor die swart­bord in­ge­skuif om wis­kun­de aan gr. 12-leer­lin­ge te ver­dui­de­lik, be­rig die SAUK. Die s­kool se mu­re is met swart roet be­smeer.

Des van Rooy­en, mi­nis­ter van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring en tra­di­si­o­ne­le sa­ke, het gis­ter­og­gend met John V­han­ga­ni, hoof van die Rats­hik­we­kwe­te Se­con­da­ry S­chool, ver­ga­der om toe te sien dat die skool­dag voort­gaan.

Faith Mut­ham­bi, mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie, is se­dert eer­gis­ter in die Vu­wa­ni-ge­bied.

In Ma­la­mu­le­le, so­wat 40 km van Vu­wa­ni, sal Ta­ka­la­ni Ts­ha­vhuyo, ’n ANC-raads­lid van die Mak­ha­domu­ni­si­pa­li­teit in Lou­is T­ri­chardt, in die land­dros­hof ver­skyn op aan­klag­te van brand­stig­ting, o­pen­ba­re ge­weld en op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging.

Hy is een van min­stens 20 men­se wat in heg­te­nis ge­neem is weens die ge­weld in Vu­wa­ni.

Vu­wa­ni is tans deel van die Mak­ha­do-mu­ni­si­pa­li­teit, maar sal ná die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing deel word van ’n be­oog­de nu­we mu­ni­si­pa­li­teit wat Ma­la­mu­le­le gaan in­sluit.

Da­vid Mahlo­bo, mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid, gee ’n wis­kun­de­les by die Rad­zam­bo Se­con­da­ry S­chool.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.